Held Van Harte

About

Waarom sou mens jou groep, “Held van Harte” doop? Miskien is jy ’n casanova wat ’n string harte verower het? Een of ander ego maniak wat dink hy’s elke meisie se droom? Of dalk is jy net twee gewone ouens wat weet ons almal is op soek na die held van ons eie hart. Ontmoet Shaun Van Niekerk en Andre Hurter stigterslede van Held Van Harte.

 

Geinspireer deur melodiese Rock groepe vanaf die 80’s, 90’s en die hede, vanaf Def Leppard regdeur tot  Nickelback, maak Held Van Harte Pop/Rock wat gou jou voet sal laat saamstamp en refreine wat jy lag-lag sal begin saam sing. Die lirieke bevat soms diep liefdes verhale en ander kere net prettige flankeerdery.

 

Shaun, (grootgeword in Ermelo) en Andre is gebaseer in Pretoria waar hul uit Montana Studios saam hul liedjies skryf en opneem. Shaun, die hartstogtelike hoofsanger en gesoute “entertainer”, het jare se evaring in lewendige vermaak as solo kunstenaar, verskeie musiek groepe en Barnyard shows. Andre, musikale genie en  multi-instrumentalis is agter al die instrumentasie en produksie van hul liedjies. Op “live  shows” kry jy hom agter die baskitaar en agtergrondstem, soms op kitaar of selfs dromme! Die twee word op die verhoog vergesel deur sessie musikante, sodat mense die volle lewendige band ervaring kan kry.

 

Kyk uit vir hulle debuut enkelsnit “Die Lig” wat in Mei 2020 vrygestel is en hulle tweede een “Legkaart” wat twee weke in n ry gekies was as beste nuwe vrystelling op Groot FM. Hou n oog op hulle sociale media vir die nuutste enkelsnit “Aksie” en sy musiek video in September 2020.

 

Braaidag by Monte De Dios was n suksesvolle show saam groot kunstenaars soos Demi Lee Moore en Pieter Smith.

 

Nou dat dinge weer na normaal terugkeer, sal jy hul beslis vind by verskeie gesogte live music venues!

Contact info

Twitter Feed