Klein Karoo Nasionale Kunstefees

(126)

About

Die Klein Karoo Nasionale Kunstefees (KKNK) is Suid-Afrika se Afrikaanse Moederfees. Dié fees is sedert 1995 ’n instelling op die kunstefees-kalender, met ’n program wat alle genres in die uitvoerende kunste, sowel as visuele kuns, insluit. 

Sedert die COVID-19-pandemie die wêreld getref het, het die KKNK sy virtuele skoene aangetrek, met aanlyn vermaak wat regoor Suid-Afrika – trouens, die wêreld! – geniet kan word.

Die fees bied vermaak vir die hele gesin en teiken nie slegs besoekers aan die magiese Klein-Karoo nie, maar ook die mense van Oudtshoorn en omstreke, die Oos-Kaapse Karoo en Tuinroete met verskeie gemeenskapsprojekte. 

Skud jou vere reg vir gasvryheid, natuurskoon, en jolige samesyn – selfs al vier jy (vir nou) fees op jou rekenaar, TV of slimfoon.

#KKNKoraloor

Reviews

4.7
from 126 reviews
"Baie aangename ervaring om so 'n goeie produksie uit jou eie sitkamer te kon waardeer. Dit sou baie beter gewees het om in die teater te kyk, die tye laat dit ongelukkig nie toe nie. Dankie vir die inisiatief"
- Corne
"It was absolutely fantastic !!"
- Gerrit
"Fantasties!!! "
- Franza-Marie
"Fantastic. Loved seeing it again."
- Chris
"We were delighted to have the Cape Town Opera in Oudtshoorn! A superb performance from such an animated cast! To have this opera so vibrantly set in a township worked so well and I hope this goes a long way in popularising Opera as a performing art especially among young South Africans. We hope to see more such productions in the Klein Karoo!"
- Anonymous

Contact info

Twitter Feed