Jeffreysbaai: Lollos, Jou Slim Ding!

Sun Dec 22, 10:00 - Sun Dec 22, 11:00

Jolly Dolphin

ABOUT

Die Lollos span besoek hierdie Desember JEFFREYSBAAI met hulle 2019 LOLLOS 11 vertoning, genaamd Lollos - JOU SLIM DING!"as deel van ons 2019 KUSTOER!


MEER OOR DIE VERTONING:

Sjoe Lollos, jy is darem slim! Op al jou opwindende reise na die Aarde het jy en Lettie al soveel lekker dinge geleer terwyl julle ook hope pret gehad het saam met Disco en die span! Hierdie splinternuwe, kleurvolle vertoning fokus op die interaktiewe vaslegging van lekker lessies wat Lollos & Lettie geleer het. Deur middel van opgewekte musiek en energieke danspassies maak Lollos & Lettie dit maklik vir die maatjies om saam te leer, saam te lag en uitbundig saam te dans. Sien uit na treffers soos Tandeborsel, Babbelbekkie, Die Vriendelike Dokter, Oppaktyd en meer om saam slimmer te word - en natuurlik ook 'n lekker dosis immergroen Lollos-bekendes wat almal se boudjies sal laat wikkel! Hierdie vertoning is einde Maart 2019 by die KKNK in Oudtshoorn bekendgestel .

Dit beloof om een groot belewenis te wees vir die kinders; en die ouers sal dit ook geniet. Dis die perfekte geleentheid om ‘n lekker tyd saam met jou gesin te spandeer. Jy mag dit nie mis nie!

 

KAARTJIES:

*Kaartjies is beskikbaar op Quicket teen R80pp. Jy kan 'n kontant deposito doen of met jou debietkaart, kredietkaart of EFT betaal via Quicket. Quicket kaartjies is beskikbaar tot 20 Desember 2019, daarna sal kaartjies kontant op die dag by die deur verkoop word teen R85pp.

*NEEM KENNIS: Indien die kaartjies nie vooraf uitverkoop nie, sal dit op die dag kontant by die deur beskikbaar wees.

*Ouers en kinders betaal ongeag ouderdom. Babas onder 12 maande is gratis, maar vanaf 1 jaar val hulle binne die Lollos “brand” se teikenmark en benodig dus ‘n kaartjie. Elke persoon wat die vertoning bywoon moet egter ‘n kaartjie hê.

*Ons doen ongelukkig geen terugbetalings nie. Indien u nie die vertoning kan bywoon nie, is u welkom om u kaartjie aan ander belangstellendes te verkoop.



KOMPETISIE:

Ons het ook 'n kompetisie waar jy 'n R150 Lollos Voucher kan wen. Om in aanraking te kom hiervoor moet jy die "event" soveel as moontlik met ander mammas & pappas met klein kinders in die area deel deur hul na die "event" te nooi, en hul ook te "tag" wanneer jy die "event" op Facebook deel. Probeer om ten minste 6mammas & pappas te tag. Ons sisteem stel ons in staat om rekord te hou hiervan. Dit kan gedoen word deur op "Save This Event" aan die regterkant van hierdie blad te kliek, en dan op die Facebook Ikoon.


Jy kom ook in aanraking vir die prys wanneer jy vir ons 'n epos stuur met 6 ander mammas/pappas in die area met klein kinders se kontak nr. Vir elke 6 verwysings kry jy 'n ekstra inskrywing. Eposse kan gestuur word na [email protected] of whatsapps na 065 298 3864.

 

WANNEER / WAAR:

Die vertoning sal plaasvind in JEFFREYSBAAI, SONDAG oggend, 22 Desember 2019 om 10:00 by Jolly Dolphin (30 Diaz road, Jeffreysbaai). Deure open 09:30. 


SITPLEKKE:

Dit is ongereserveerde sitplekke. Daar is ‘n klein area oop voor die verhoog vir die kinders – hul wil gewoonlik spring en dans, en nie op ‘n stoel sit nie. U is welkom om ‘n kombersie saam te bring waarop hul kan sit. Ons pak egter ‘n paar stoele uit net agter hierdie area vir die volwassenes wat wel op stoele wil sit.


LOLLOS PRODUKTE:

Neem asb kennis dat Lollos produkte op die dag van die vertoning verkoop sal word en nie vooraf saam met jou kaartjies nie. Neem ook kennis dat Kindervermaak Suid-Afrika as organiseerder, geen beheer het oor watter items op die dag beskikbaar is nie; daar is gevalle wanneer van die items soms uit voorraad is en dan nie deur die derde party aan ons gestuur is nie. Daar is ook ‘n moontlikheid dat daar ander nuwe produkte sal wees. 

 

ANDER:

‘n Vertoning is ongeveer 45 minute lank. Daarna sal daar ‘n fotogeleentheid wees vir diegene wat fotos saam met Lollos en Lettie wil neem. Koste hiervoor is R50 per foto en nie per kind nie. Dit beteken dat meer as een kind op ‘n foto mag wees. Die fotos word ook by die vertoning uitgedruk sodat jul dit kan huis toe neem. Kinders kry op hierdie manier ook ‘n geleentheid om die karakters te ontmoet en ‘n drukkie te gee.


TERME:

Wanneer u ‘n kaartjie koop, stem u outomaties in tot hierdie voorwaarde en reëls:

*Elke kindjie is sy ouer/s se verantwoordelikheid. Daar is honderde kindertjies by die vertonings en dit is vir ons onmoontlik om na almal om te sien. Indien u nie self die vertoning saam met u kind wil bywoon nie, moet u ‘n alternatiewe voog / persoon saamstuur wat verantwoordelikheid neem vir u kind/ers. 

*Dit is elke ouer/voog se verantwoordelikheid om seker te maak dat sy/haar kind nie tydens die vertoning op die verhoog klim nie. Die karakters is in kostuum en kan nie altyd mooi daardeur sien nie. Daar is dus 'n groot moontlikheid dat kinders baie seer kan kry en ons wil dit verhoed. Dit onderbreek ook die vertoning en ontwrig die vloei wanneer kinders eers van die verhoog verwyder moet word vir veiligheidsredes. Ons is bewus dat die kinders vreeslik opgewonde is om hul gunsteling karakters uit Lalaland 'n drukkie te gee, maar daar sal weer na die vertoning geleentheid hiervoor wees.


KINDERVERMAAK:

Om op hoogte te bly van TOP Kindervermaak in jou omgewing, like ons nasionale FB blad: www.facebook.com/kindervermaaksa

Volg ons op TWITTER en INSTAGRAM vir oulike plasings, wat waar gebeur en ander prettighede: @KindervermaakSA

Vir enige navrae, kontak ons gerus by [email protected] / 065 298 3864 / 082 410 7682


Sien julle daar!

DIRECTIONS

Jeffreysbaai: Lollos, Jou Slim Ding!
Jolly Dolphin
30 Diaz Rd, Jeffreys Bay, 6330
Get Directions