Hope for Anna - cancer treatment

About

Hi, Almal


Gedurende die covid-19 pandemie is ouma Anna-patat gediagnoseer met kanker. Ons as familie het hierdie fondsinsamelings initiatief gestig namens Ouma Anna om sodoende te help met die fondse vir haar kanker behandeling, en spesifiek die Vitamiene C behandeling wat die medies fonds ongelukkig nie dek nie. 


Sy het nou al vir n paar sessies gegaan en ons kon duidelik 'n positiewe verskil sien in haar energie vlakke en algehele gemoedstoestand. Die mees fantasties ding is dat dit 'n groot impak het teen die newe effekte wat deur die chemoterapie veroorsaak word. 


Uiteraard van die saak word die langtermyn behandeling bietjie duur en ons as familie wil haar graag ondersteun om voort te gaan met die behandeling. Ouma Anna is 'n liefdevolle, vrygewige mens wat se deur altyd oopstaan vir almal. Kanse is dat as jy in die buurt woon, is jy al deur ouma Anna se liefde geraak! 


Hierdie fondsinsameling is gestig vir die van julle wat voel julle kan ietsie bydra. Dit is heeltemal anoniem en indien julle wil bydra kan julle 'n bedrag van julle keuse skenk. Elke bietjie help, maak nie saak hoe klein. 


Ons as familie sê byvoorbaat dankie vir enige donasies. Ons vra ook asseblief dat julle ouma Anna in julle gebede sal hou. 

xxxx

Additional information

Refund policy No refunds

Organiser

How can we help?