Veiling 2020 | JvR Laerskool Opvoedingstrust

Tue Jun 16, 00:00 - Tue Jun 16, 21:00

Centre For The Book

ABOUT

NOTA: In die lig van huidige gebeure landwyd en onsekerheid oor skoolkwartale, is die veiling uitgestel na 'n datum wat aangekondig sal word wanneer die skole weer hervat.


'n Veiling* en glansgeleentheid ten bate van die Laerskool Jan van Riebeeck Opvoedingstrust, aangebied in 'n majestueuse en ikoniese middestad venue. Kom geniet 'n eersteklas-ete, uitsoek-wyne en 'n hele paar vars vermaakverrassings, en gaan boonop huistoe met een van 30 eksklusiewe veiling-lotte!


Die Laerskool Jan van Riebeeck se jaarlikse fondsinsameling veiling is 'n onmiskenbare deel van die skool se trotse en dankbare tradisie van wedersydse gemeenskapsbetrokkenheid. Die veiling word sedert 2017 deur die Laerskool Jan van Riebeeck Opvoedingstrust aangebied en die volle opbrengs daarvan word aan die trust bewillig. Die fondse word aangewend vir die verbetering van die skool, die kurrikulum, vir die bevordering van diversiteit en gemeenskapsprojekte. Vir meer inligting oor trustbedrywighede en bevondsing, besoek die skool se webblad www.jvrprim.co.za.


*Die veiling word deur 'n professionele afslaer hanteer.

*Die uitleg is lang tafels. Vir groepplasings, email Karien by: [email protected]


In die geval van kansellasie, is kaartjies nié terugbetaalbaar nie, maar wel oordraagbaar of word as donasie aanvaar.

DIRECTIONS

Veiling 2020 | JvR Laerskool Opvoedingstrust
Centre For The Book
62 Queen Victoria St, Cape Town City Centre, Cape Town, 8001, South Africa
Get Directions