Skryfterapie-werkwinkels in 2020

Sat Mar 7, 09:00 - Sat Mar 14, 09:00

Departement Joernalistiek

ABOUT

Kom ervaar die verlossende krag van skryfterapie in twee werkwinkels aangebied deur Lizette Rabe, stigter van Ithemba en professor in joernalistiek aan die Universiteit Stellenbosch, gebaseer op haar boek Om tot verhaal te kom (Lapa).


Egskeiding, siekte, afleggings, finansiële nood, misdaad, dood – ons almal ervaar trauma wat jou laat met die vraag: Hóé gaan ek voort? Die antwoord lê dalk in jouself: Skryfterapie. Dis waarmee hierdie werkwinkels jou wil help: om te probeer om weer jouself te vind deur daaroor te skryf. Jy kan dit op soveel verskillende maniere doen: Jou memoire op jou rekenaar, dagboek hou op papier, ’n blog begin, dig, rym of sommer net krabbel. Om tot verhaal te kom is ’n skryfterapiegids propvol praktiese skryfwenke en inspirasie. Die werkwinkel, in Afrikaans, sal jou help met wenke oor hoe om “tot verhaal te kom”. As jy dalk nog inspirasie soek, hier is ’n aanhaling van Nobel-pryswenner Toni Morrison: “As daar ’n boek is wat jy regtig wil lees, maar dis nog nie geskryf nie, dan moet jy dit skryf.”


Daar word twee afsonderlike werkwinkels aangebied ten bate van die Ithemba Stigting en word in die Departement Joernalistiek, Crozierstraat 26, Stellenbosch op Saterdag 7 Maart en op Saterdag 14 Maart gehou. Dit duur van 09:00 tot 13:00, met registrasie om 08:30. Die koste is R375, wat ’n aankomskoffie/tee insluit, asook koffie/tee en ’n versnapering tydens die pouse, en ’n aantekeningboekie en pen. Bespreek aanlyn by Quicket.


Getekende eksemplare van die boek sal ook teen afslag beskikbaar wees. Vir meer inligting kan jy Ithemba kontak by [email protected].


DIRECTIONS

Skryfterapie-werkwinkels in 2020
Departement Joernalistiek
26 Crozier Rd, Stellenbosch Central, Stellenbosch, 7600
Get Directions