Afrikaans Sonder Grense

Sun Nov 24, 12:30 - Sun Nov 24, 15:00

Lucit Restaurant & Theatre, Rietondale

ABOUT

Maaltyd word ingesluit by vertoning.

(Spyskaart beskikbaar met navraag.)


“Marthie en Bram laat jou tasse pak en die trein vat van die Kaap, deur die land tot terug by Tafelberg- begelei deur Afrikaanse liedjies met so 'n effense jazz-klankie.

As jy op daarop aandring sal hulle dit sing: die liedjies wat deel is van ons kultuur en erfenis. Die musiek waarop ons grootgeword en leer dans het. Die stories wat oor en oor vertel word en al deel is van ons volks skatkis. Transkaroo, Die Skadu van ou Tafelberg, Waterblommetjies, die Trein na Pretoria en die liewe padda met sy opsitkers en daai altyd ontwykende Hasie met die kort stert. Hierdie produksie is veral geskik vir gesinne, families en vriendekringe wat goeie smaak het, stylvolle musiek waardeer, tydlose melodieë bewonder en daarvan hou om die woorde te hoor, luister en die musiek so in te drink.

Op die perron beleef jy weer die opwinding van reis en die tuiskom!”

 

Albums is beskikbaar by die vertoning of kan aanlyn geluister word: https://www.youtube.com/playlist?list=PLLnyzCv3b2jMSgoyld9gpUK4kOOoI739n

 

Kontak Marthie vir meer inligting:

Marthie Nel Hauptfleisch

0873 767 2701

[email protected]

 

Baie Dankie!

Marthie