Musiek soos Grond - Potchefstroom
Thu Jul 18, 17:00 - Thu Jul 18, 22:00
Snowflake
ABOUT
Ek word stil.
Ek word stil as my siel onder jou voete soos ’n oop, omgeploegde land lê.
Jy met jou musiek soos reën oor my... met ’n Kaleidoskoop van kleur laat dit iets wat
versteek is binne my uit sy nate bars en dan word dit skielik groen,
’n grasvlakte, ’n boom, ’n woud.
En ek word stil,
stil tevrede as my siel te midde van jou melodieë ontkiem.
- Musiek Soos Grond-
Hekke open 17:00, vertoning begin 18:30
GEEN eie kos/drank.
Kos en drank-stalletjies, barista koffie ens. beskikbaar so onthou kontant/kaart.
Kinders is ongelukkig NIE gratis nie en daar is ook nie spesiale kinderkaartjie-pryse nie.
GEEN kinders sal sonder kaartjies toegelaat word nie.
Navrae: [email protected]