D O N K I E - Hoërskool Stellenbosch

Tue Aug 6, 19:00 - Tue Aug 6, 21:00

Hoërskool Stellenbosch

ABOUT

Frank Opperman is terug in Stellenbosch met sy gewilde Woordfees-eenmanvertoning en dit beloof om gehore weereens aan te gryp en te laat lag soos in sy vorige vertonings.


In “Donkie” ontmoet ons mnr. Barry Swart, 58-jarige hoof van die Hoërskool Hans Oosthuizen, ’n voormalige model C-skool. “Donkie” is die bynaam wat almal vir die skoolhoof gebruik. Mnr. Swart is ’n man onder druk. Daar was ’n berig in ’n Sondagkoerant oor hoe die eens trotse Hoërskool Hans Oosthuizen besig is om agteruit te gaan. Die leerlinge se akademiese prestasie is nie na wense nie en die eerste rugbyspan het vyf wedstryde agtereenvolgens verloor. Daar is ook ernstige probleme met die leerders se dissipline en boonop was daar ’n “voorval” in een van die klasse. Ook lyk dit of Afrikaans dalk een van die dae nie meer die onderrigtaal by die skool sal wees nie. Die Beheerliggaam sowel as sommige ouers en onderwysers eis mnr. Swart se kop. Mnr. Swart oorweeg om te bedank, maar dan, een Maandagoggend tydens saalopening, besluit hy om sy kant van die saak te stel…..


Maak seker jy kry die geleentheid om die bekroonde en gewilde akteur Frank Opperman in aksie te sien by Hoërskool Stellenbosch op 6 Augustus 2019!


DIRECTIONS

D O N K I E - Hoërskool Stellenbosch
Hoërskool Stellenbosch
18 Jannasch Rd, Mostertsdrift, Stellenbosch, 7600
Get Directions