Kom skryf jóú storie!

Sat May 4, 10:30 - Sat May 4, 12:30

Adam Small-Teaterkompleks Seminaarkamer, Stellenbosch

ABOUT

Kom skryf jóú storie!


Kom ervaar die verlossende krag van skryfterapie in hierdie werkwinkel aangebied deur professor Lizette Rabe, gebaseer op haar pas verskene boek. Die lewe gebeur met elkeen van ons en laat sy letsels. Egskeiding, siekte, misdaad, dood – ons almal ervaar trauma wat jou laat met die vraag: Hóé gaan ek voort? Die antwoord lê dalk in jouself: Skryfterapie. En dis waarmee hierdie werkwinkel jou wil help: om te begin om daardie deur na jouself oop te sluit deur daaroor te skryf. Skryfterapie is ’n bewese manier om verlies en trauma te verwerk – ongeag die aard daarvan, en die beste nuus: ongeag jou skryfvermoë. Kom, maak ’n begin en begin om jou eie verhaal te skryf. Dis dalk net die regte tyd dat jy die dapperste reis van alle reise aanpak: die reis na jouself. Om tot verhaal te kom.  


Tantieme van boekverkope alles ten bate van Ithemba Foundation.

Ithemba Foundation strives to raise awareness of depression as a biological illness, and raise funds for research about this disease. On our website you’ll find information about depression , where you can go for help, a little more about our foundation and how you can get involved. You can also apply online for a bursary for research relating to depression.


Waar: Adam Small-Teaterkompleks Seminaarkamer, Stellenbosch (hoek van Victoria- en Andringastraat)

Wanneer: Saterdag, 4 Mei, van 11:00 tot 12:30 (registrasie en koffie van 10:30)

Koste: R225

Bespreek vooraf by Quicket