FREE OPTIONS

SKYN2019

Fri Nov 1, 19:00 - Fri Nov 1, 21:30

Bellville AGS

ABOUT

“Dit is ’n aand waar vroue saam lag, saam praise & worship, saam gemotiveer word en baie belangrik, saam geestelike oorwinning behaal! Dit is ‘n aand waar elke vrou geïnspireer en gemotiveer word.


Ons vertrou dat vroue van verskillende denominasies, agtergronde en gemeentes weer saam gaan optrek na hierdie AMAZING event, met een doel voor oë, om God se Naam groot te maak en lewe en oorwinning te spreek oor lewens. Dit is werklik ons hartswens, dat elke vrou sal besef hoe kosbaar sy is, hoe spesiaal... Dat sy weer ‘n huppel in haar stap sal kry, Jesus se liefde vir haar opnuut sal besef en so die vermoë sal hê om te kan SKYN en ‘n verskil te kan maak in ander se lewens.


Sprekers: Rouchelle Liedemann, Benescke Janse van Rensburg en Karien Basson van Vrinne.


Let wel: Hierdie is 'n gratis event waar die verskillende organisasies betrokke by SKYN2019 die kostes dra. Indien jy egter 'n bydrae wil maak tot SKYN2019 is daar ook donasie kaartjies beskikbaar teen R25.00.


Ons bied ook KIDS kaartjies aan teen R25 per kind. K4J (AGS Bellville Kinderkerk) sal die aand ons kinders tussen ouderdom 5 en 12 jaar bederf en met aktiwiteite vermaak. VOlwasse toesig is beslis hierby ingesluit. Ons wil egter heelwat materiaal aankoop sodat daar 'n program aangebied kan word vir die kids wat ook versnappering insluit. Vandaar dus die koste vir die KIDS kaartjies

DIRECTIONS

SKYN2019
Bellville AGS
Kempenville, Cape Town, 7530, South Africa
Get Directions