Volhoubare landbou-konferensie op Lutzville
Wed Jul 30, 08:00 - Wed Jul 30, 15:00
Lutzville
ABOUT
Landbouweekblad, met die samewerking van die Vredendal-en-Lutzville-landbouvereniging en die Lutzville-landbougenootskap, bied ’n konferensie oor volhoubare landbou aan.
Die doel van die konferensie is om boere en wetenskaplikes in die Olifantsriviervallei saam te laat dink oor oplossings vir volhoubare boerdery in die gediversifiseerde streek waar wyndruiwe, droogdruiwe, groente, groentesaad en tafeldruiwe onder besproeiing geproduseer word.
Datum: 30 Julie 2025
Tyd: 08:00 tot 15:00
Plek: Lutzville-sportterrein
Voorlopige program
08:00 Registrasie, tee en koffie
08:30 Opening en verwelkoming
08:45 Planne om probleme met tamatieblaarmyner (Tuta absoluta) te bowe te kom – Anna van der Merwe, wetenskaplike en Laeveld Agrochem-franchisee
09:15 Die vooruitsigte vir klimaat in die Olifantsriviervallei en wat dit vir boerdery kan beteken – prof. Stephanie Midgley, Wes-Kaapse departement van landbou
09:45 Hoe kan ons mikro-organismes in die grond tot voordeel van landbouproduksie benut? – Jared Prinsloo, tegniese beampte by Sporatec (US)
10:15 Vrae
10:30 TEE
11:00 Praktiese boerepaneel oor volhoubare boerdery met Nico Laubscher, John Roux, Altus Baard en Kleinjan Teubes
11:50 Hartenberg-wynlandgoed se pad met herlewingslandbou – Wilhelm Joubert, wingerdboukundige by Hartenberg
12:20 Vrae
12:30 Borge
13:10 Afsluiting
13:30 Middagete
Kaartjies: R500.
Bespreek jou plek voor 30 Junie 2025 en betaal net R350.
Navrae: events@landbou.com