No under 13s

Die Van Vuurens vat Vlam (Toneel @ Die Centurion Teater)

Sat Jun 8, 18:00 - Sat Jun 8, 19:15

Die Centurion Teater

ABOUT

Met Lizz Meiring, Cara Meiring en David Kuduntwane!


Na ‘n weghol sukses debuut by KKNK 2024, met lag-uit-jou-maag oomblikke en staande ovasies, speel Die Van Vuurens vat Vlam vir die eerste keer in Gauteng.


Sterna van Vuuren het lank oorsee gewerk. Haar broerskind, die jong wetenskap student, Bernadette van Vuuren, bly intussen in haar townhouse, gratis. Sterna van Vuuren daag onverwags op. Die Tante en-niggie-verhouding is maar plofbaar. Daar is ’n kinkel in die kabel, of is dit nou ’n fungi in ‘n bottle..?.? Want nou bly Bernadette se komiese mimiek kunstenaar boyfriend, Flippie van Vuuren, ook daar. Intussen het Bernadette en Flippie Sterna se townhouse in ‘n eienaardige spasie verander. Want diè twee het unieke toekomsdrome.


Diè rare donker komedie is ‘n vrolike en dikwels laserskerp verhaal van verskillende generasies se standpunte, foute en ambisies. Dis slimsnaaks oorspronklik en verrassend. Gaan die Van Vuurens se vreemde familiekwaal die vuur aanblaas?


Vervaardiger : Artist Warehouse

Regie : Andre Odendaal

Teks : Lizz Meiring

Met :

Lizz Meiring

Cara Meiring

David Kuduntwane

Verhoogbestuur en klankontwerp: Yvette Hanekom

Beligtingsontwerp: Jak J Brits

Kostuums: Hollywood Costumes

Fungi: Waldo du Toit

Choreografie: Wesley Lauder

Komiese Mimiek sekwens Choreografie: Craig Morris

Akrobatiese hulp: Ceylonia Bekker


DIRECTIONS

Die Van Vuurens vat Vlam (Toneel @ Die Centurion Teater)
Die Centurion Teater
123 Amkor Rd, Lyttelton Manor, Centurion, 0157
Get Directions