Family friendly

Op 'n Eiland

Sat Sep 21, 18:00 - Sat Sep 21, 19:10

The Showroom Theatre

ABOUT

Musieklegende, Coenie de Villiers, keer terug na die verhoog met ‘n nuwe vertoning, Op ‘n Eiland. “Daar is liedjies in die vertoning wat ek vir die eerste keer uitvoer, maar die lekkerste deel van die nuwe program is dat ek en die gehoor saam op ‘n reis gaan”, vertel hy.


Kitaar-maestro, Mauritz Lotz sluit by hom op die verhoog aan.


De Villiers se vertoning vertel die stories-agter-die stories van sy jare in Ciprus en sluit ook van die liedere in wat hy op die eiland en in Griekeland geskep en opgeneem het. “Daar is ook ander reisverhale wat ek deur middel van my musiek vertel. Om te reis is vir my ‘n inspirasie en dis wat ek met die gehoor wil deel.”

DIRECTIONS

Op 'n Eiland
The Showroom Theatre
43 Church St, Prince Albert, 6930
Get Directions