No under 16s

Hedgehog's Nest Rustenburg 9 Julie 2024 Neil Sandilands & Die Band "Land & Sand"

Tue Jul 9, 18:00 - Tue Jul 9, 22:00

Hedgehog's Nest Rustenburg

ABOUT

Die EMMY-benoemde akteur en SAMA-benoemde musikant, Neil Sandilands toer wéér die land plat met sy raakvat orkes Schalk Joubert, Frank Freeman & Ronan Skillen.


Die Hedgehog's Nest, te Rustenburg, verwelkom Neil Sandilands & Die Band "Land & Sand". Deure open om 18:00 en daar is spyse en drank beskikbaar.

Vertoning neem aanvang om 19:00. Vir navrae: +27 82 663 7281 of rig e-pos: [email protected]


Verlede jaar se toer, van die Kaap tot Limpopo, was een van die verrykendste ervarings van my loopbaan”, sê Sandilands. As jy al by een van die vertonings was, dan wéét jy. 


Dié veteraan akteur van onder meer internasionale televisiereekse soos Sweet ToothThe FlashThe 100, asook plaaslike reekse Die Groot NiksDesert Rose & Sewende Laan, het geen bekendstelling nodig nie. As ’n vermaaklikheidster is hy elektries. Dié wintertoer is selfs meer omvattend, ons reis 40 dae & 40 nagte en gaan heerlik met onse mense gesels, sommer Land & Sand, aldus die titel.


Die musiek kom uit Sandilands se bekende albums Sangoma Sandilands & Jou Pa se PosseAllegaarkie vir ’n AskeetDie Groot 5Die Groot Niks, asook nuwe werke wat nog nooit opgeneem is nie. “Dis die eerste keer wat ek splinternuwe liedjies sing voor dit op ’n album verskyn. Dis baie opwindend!”


Ons sien jou 9 Julie by Hedgehog's Nest, Rustenburg! Dit gaan uiters spesiaal wees, siende ek groot gedeeltes van my kinderjare op Rustenburg deurgebring het. Sien uit om jou te sien en "land & sand" te gesels.

DIRECTIONS

Hedgehog's Nest Rustenburg 9 Julie 2024 Neil Sandilands & Die Band "Land & Sand"
Hedgehog's Nest Rustenburg
Donkerhoek Rd, Rustenburg Rural, Rustenburg, 0299
Get Directions