Wicus v.d Merwe by Kleinmond Gholfclub
Sat Jul 6, 20:00 - Sat Jul 6, 23:00
Kleinmond Golf Club
ABOUT
20 Jaar gelede het ’n ietwat jonger en effens onseker outjie met ’n vonkel in die oog
die vermaakwêreld betree. Met sy eerste musiektreffer ‘Hie komme ding’ het hy
met sy eiesoortige humor harte in die gehoor gewen.
Die gogga het gebyt en sedertdien toer Wicus die land plat, met een doel voor oë - om mense te laat lag en te laat ontspan en vir ’n wyle van hul bekommernisse te laat vergeet.
Met 7 albums waarvan verskeie goue status bereik, het Wicus SAMA benoemings, ’n Ghoema toekening, ’n Tempo toekenning en verskeie ander toekennings ontvang. Dan het hy nog bo-op dit alles sy lyf al akteur gehou en is hy ’n gesogte aanbieder en gas op van die land se gewilde leefstyl en geselsprogramme. Wicus kuier gereeld by gehore in Namibië en sy optredes wat musiek en stories verweef, trek selfs so ver as Kanada, Australië en New Zeeland.
As gewilde seremonimeester by die land se voorste musiekfeeste is Wicus ook ’n gesogte Afslaer vir groot fondsinsamelingsgeleenthede waar hy op humoristiese wyse gaste vermaak.
Die man agter die lawwighede is ’n entoesiasteise hengelaar, lief vir mense en vir die see en geniet stilte net soveel hy genot daaruit put om mense skrik te maak. Sy gunsteling beroep as jy hom sou vra? ‘Professionele skrikmaker’!
6 Julie '24 kom bederf Wicus ons by die Kleinmond Gholfclub met n vertoning ten bate van KidsCan!
Vertoning begin 20h00
Kaartjies R220 pp
Etes beskikbaar op vooraf bestelling
Vir enige navrae, kontak gerus vir Cara op 071 159 7929