Familieboerdery: Meesterklas in Bethlehem

Tue Jul 16, 08:00 - Tue Jul 16, 14:00

Lavender Hill

ABOUT

Suid-Afrikaanse boerderye lewer ’n beduidende bydrae tot die nasionale ekonomie. Met die meeste van hierdie plase in familiebesit, bly die suksesvolle intergenerasie-opvolging van sulke besighede ’n uiters belangrike onderwerp.


Terwyl die hegtheid van ’n gesinstruktuur ongetwyfeld ’n deurslaggewende rol speel in die veerkragtigheid van Suid-Afrikaanse plase, kan ’n pa-en-seun- (of dogter!) span ook unieke kwessies ervaar as dit nie behoorlik verstaan en reg bestuur word nie. Ná die sukses van Landbouweekblad se meesterklasse oor familieboerdery in 2023 onder leiding van Theo Vorster van Galileo Capital sien ons uit om in 2024 weer TIEN meesterklasse aan te bied. 


Hierdie werksessies sal geskoei wees op die topverkoperboek Familieboerderye in Suid-Afrika, waar die ooreenkomste tussen van Suid-Afrika se voorste familieboerderye geïdentifiseer en bespreek word. Terwyl familieondernemings merkwaardig suksesvolle sakemodelle bly as dit reg bestuur word, bly dit tragies wanneer ’n bate, wat oor geslagte opgebou is, tot niet gaan bloot omdat opvolging swak tot uitvoer gebring word.


Kom leer oor:

  • Opvolgbeplanning en konflikbestuur
  • Doeltreffende besluitneming en rolverdeling
  • Besigheidsbestuur
  • Boedelbeplanning
  • Besigheidsbeginsels om die suksesvolle oorgang van ’n familieboerdery na die volgende geslag te verseker


Kaartjies: R1 500 (Sluit in die topverkoper Familieboerderye in Suid-Afrika) + Jy kry ook 12 maande se toegang tot Landbou.com ter waarde van R1 800.


Familieboerderye in Suid-Afrika sal ook te koop aangebied word by die konferensie teen R300. Dit is ook in Engels beskibkaar.


Koop jou kaartjie vroeg en spaar R500.


Koop twee of meer kaartjies en kry 10%-afslag. Gebruik die promosiekode FB2024.


Navrae: [email protected]

DIRECTIONS

Familieboerdery: Meesterklas in Bethlehem
Lavender Hill
N5, Bethlehem, 9701
Get Directions