Gelukkige Trekking in die Waterberge 2024

Mon Mar 18, 12:00 - Sun Sep 1, 00:00

Hervormde Kerk Onverwacht

ABOUT

Hervormde Kerk Onverwacht bied aan:

Gelukkige trekking in die Waterberge!

Hervormde Kerk Onverwacht in Ellisras is aan die rand van die uitgestrekte Bosveld geleë – ’n Jagtersparadys en vleiswêreld soos min.


Ons bied aan jagters oor die hele Suid-Afrika die moontlike geleentheid om in die wêreld met die wye horisonne te kom jag, van ons heerlike Bosveld-vleis of ’n wegbreek naweek te wen.


Ons is ’n gemeente wat aktief in die gemeenskap werk en poog om vir alle mense ’n geestelike tuiste te bied.


Vir SLEGS R100 kan jy ‘n gelukkige WENNER wees!

3 Kategorieë | 7 Pryse per Kategorie






Prys besonderhede, reëls en regulasies:

Prys besonderhede, reëls en regulasies vir Jag

• Kompetisie sluit op Vrydag, 17 Mei 2024 om 22:00.

• Pryswenners sal bepaal word deur 'n prystrekking op Sondag,

19 Mei 2024 by NHKA Onverwacht (Ellisras).

• Jagte sal plaasvind tydens die jagseisoen van 2024. Beskikbare

datums sal aan die wenner deurgegee word.

• Wenners van die jagpakkette / pryse is self verantwoodelik vir die

bewerking van die vleis

• Wenners van die jagpakkette moet in besit wees van 'n gelisensieerde

vuurwapen, ingeval waar die wenner nie self 'n wapen het of self wil jag nie,

sal 'n professionele jagter (teen geen ekstra koste) die jagwerk doen. 'n

Gelisensieerde vuurwapen kan ook beskikbaar gestel word aan die wenner

vir gebruik van die jag.

Prys besonderhede, reëls en regulasies vir Vleis

• Kompetisie sluit op Saterdag, 31 Augustus om 22:00.

• Pryswenners sal bepaal word deur 'n prystrekking op Sondag,

8 September 2024 by NHKA Onverwacht (Ellisras).

• Wenners van vleis pakkette is self verantwoordelik vir die

bewerking van die vleis. Wenners van vlies pakkette kan ook in

kontak gesit word met persoon vir bewerking teen 'n additionele

koste vir die wenner.

Prys besonderhede, reëls en regulasies vir Wegbreek:

• Kompetisie sluit op Saterdag, 31 Augustus om 22:00.

• Pryswenners sal bepaal word deur 'n prystrekking op Sondag,

8 September 2024 by NHKA Onverwacht (Ellisras).

• Bootreis wenner sal in kontak gesit word met Reis Agentskap vir

besprekings. Additionele kostes wat die prys waarde van

R 15 000.00 oorskiet sal vir die wenner se persoonlike rekening

wees.

• Datums vir selfsorg verblyf kan nie geskuif word nie, maar

kan wel oorgedra word aan 'n ander persoon. As die verblyf nie

gebruik is op die gegewe datums nie, is die prys verbeur.

 


• Enige dispuut rakende die Gelukkige Trekking, sal beslis word deur die kerkraad van die NHK Onverwacht en sal as afgehandel beskou word.

• Geen pryse kan vir kontant geruil word nie.

• Foto's van die pryswenners mag deur die kerk gebruik word vir

publisiteit.

 

Datums vir gelukkige trekking:

JAG: 19 Mei 2024 (Kaartjie verkope sluit op 17 Mei 2024)

VLEIS: 08 SEPTEMBER 2024 (Kaartjie verkope sluit op 31 Augustus 2024)

WEGBREEK: 08 SEPTEMBER 2024 (Kaartjie verkope sluit op 31 Augustus 2024)

 

Vir enige navrae kontak gerus die kerkkantoor:

[email protected]

061 012 9107

071 657 5599


Baie dankie vir u ondersteuning! Dit word opreg waardeer!



DIRECTIONS

Gelukkige Trekking in die Waterberge 2024
Hervormde Kerk Onverwacht
Troupant St, Lephalale, 0555
Get Directions