Vrye Weekblad se Cullinan-boekefees (2024)

Fri May 10, 17:00 - Sun May 12, 12:00

@Church

ABOUT

Van 10 tot 12 Mei vier ons Vrye Weekblad se tweede Cullinan-boekefees net buite Pretoria. Alles gebeur by @Church, Oaklaan 134. Die skilderagtige kerkie, wat nie meer in gebruik is nie, is deur Sir Herbert Baker ontwerp en in 1904 vir myners opgerig. Die meeste van die sessies vind in die ruim saal plaas, met een sessie in die kerk. In die saal sit lesers by tafels aan en eetgoed en drank is deurentyd beskikbaar. Leonie van Rensburg van Graffiti slaan ’n boekwinkel vir die geleentheid op. Jy kan die boeke wat bespreek word, op die plek aanskaf en deur die skrywers laat teken. Daar is volop veilige parkering oorkant die feesterrein.


Gauteng se skrywers, wat redelik afgeskeep word wat feeste betref, was vuur en vlam om betrokke te raak. Die dorp is ’n gewilde naweekbestemming, so bespreek so gou as moontlik jou blyplek sodat jy die hele fees kan meemaak.


Daar is ook die heel naweek ’n kunsuitstalling by HK Contemporary Gallery met verskeie kunstenaars. Die tema is “Vrye Weekblad, dink vir jouself” en die kurator is Lientjie Wessels. Kontak gerus vir Hardus Koekemoer vir meer besonderhede: 083 264 0752.


Sondagmiddag om 12:30 hou @Church ’n moedersdagmiddagete met Lidi de Waal wat haar verse opvoer saam met die kitaarspeler Leon Ecroignard. Van haar kunswerke word uitgestal. Hierdie ete word nie deur Quicket nie, maar by die eienaar, Anita, bespreek: 061 274 9743.


Sien julle daar, dan delf ons diep en dink vir onsself!


Program:


Vrydag 10 Mei: 


17:30: En tog die deuntjie draal: Gielie Hoffmann gesels op die herdenking van Koos du Plessis se verjaarsdag met sy vrou, Mornay, oor Erfdeel. Mia Malherbe sing van Koos se liedjies.


Saterdag 11 Mei:


08:30: Skirminkels en speurders: Phyllis Green praat met Sidney Gilroy en Irna van Zyl.


09:30: Van rekenaarskerm na silwerskerm: Mercy Kannemeyer gesels met Zelda Bezuidenhout en Henriëtta Greyffenberg oor die verfilming van Die dekonstruksie van Retta Blom.


10:30 The Near North: Louis Gaigher gesels met Ivan Vladisivic oor sy nuwe boek.


11:30: O, die vrolike, o die SALA! Diane de Beer gesels met Onke Mazibuko oor sy bekroonde jeugboek, The Second Verse.


12:30 MIDDAGETE 


14:00: Vaders wat haper: Jean Meiring gesels met S.J. Naudé oor Van vaders en vlugtelinge.


15:00: Vywervrou woeker: Ilse Salzwedel gesels met Chanette Paul oor haar karaktergedrewe reekse. 


16:00: Zonderwater en ver van die huis: Deborah Steinmair gesels met Karen Horn oor haar niefiksieboek oor Italiaanse krygsgevanges: Prisoners of Jan Smuts.


17:00: Psigopatiese nasie: Anneliese Burgess praat met Karl Kemp oor sy boek Why We Kill.


18:00: Kopstukke: ’n Witwarm politieke gesprek oor die verkiesing en ander sake van die dag met Piet Croucamp en JP Landman.


Sondag 12 Mei:


10:00: Boekevat: Kleinboer, Lucinda Neethling, Alwyn Roux, Ilse van Staden en Pieter Odendaal lees en sing hulle verse in die klipkerkie.


By @Church venue. Boekwinkel deur Graffiti op die perseel, kos en drank word deurentyd bedien. Bespreek kaartjies by Quicket.



Navrae: [email protected]

DIRECTIONS

Vrye Weekblad se Cullinan-boekefees (2024)
@Church
134 Oak Ave, Cullinan, 1000
Get Directions