No under 16s

Hoe 'n Man se Kop Werk: Paarl

Sat May 4, 17:30 - Sat May 4, 22:00

Paarl Town Hall

ABOUT

'n Skreeusnaakse solo-komedie

Dit is 30 jaar gelede:1994. Nadat Bobby een aand vir sy verloofde, Julie gesê het hy het “space” nodig, het sy haar gewip en gewaai.....hy kon dit nie verstaan nie... en vir die afgelope twee weke krap hy in sy brein rond om te probeer uitfigure wat dit is wat sy nou eintlik wil hê.


Altus Theart, wat die hoofrol speel van Bobby, maak staat op die raad van obskure ouens uit sy verlede om hom te help uitfigure wat dit is wat 'n vrou wil hê.


Dis nou ouens soos: Jean-Michel, ‘n Franse filosofie student, Die Kolonel, Vinnige Freddie, Stokou Oom Kallie Langeveld en Ronnie Cabrizzi. Dan is daar nog Lucy Paluzo, Ronnie Cabrizzi se girlfriend - sy vloek verskriklik..... en Martie Prinsloo, ‘n floozie wie Bobby op skool geken het - sy het baie kort skoolskirtjies gedra en is skielik in St.9 uit die skool uit....In die proses bevind hy homself in vele haglike situasies.


O ja, en dan het Julie ‘n kat, maar Bobby kan nie die verdomde kat se naam onthou nie....!


  • Altus het veral bekend geraak vir sy rol as Faffa in "Getroud met Rugby" en is huidiglik te sien in KykNET se tele-novelle "Diepe Waters".
  • Elzette Maarschalk het die vertaling en regie behartig van "Hoe 'n Man Se Kop Werk - 'n Manlike KAT-arsis!"
  • Die produksie is die eerste keer opgevoer in 2009 in die Performer Teater (nou Afriforum Teater) in Pretoria en daarna uitverkoopte vertonings gehad by Kunstefeeste regoor die land en in Namibie.


MOET DIT NIE MISLOOP NIE!


SATURDAY 4TH MAY 2024

PAARL CITY HALL

R200 pp or book a table for 6

LIVE SHOW FROM APPROX 19H00 - 21H00

DOORS OPEN AT 17:30

*** UNRESERVED SEATING

*** Cash Bar and food trucks available


"Ek gaan die wenke in my huwelik toepas" – Marius (66)

"Dit was fantasties! Ek het nou 'n ander perspektief." - Danie (24) – Krit

DIRECTIONS

Hoe 'n Man se Kop Werk: Paarl
Paarl Town Hall
250 Main Rd, Buitenverwagting, Paarl, 7646
Get Directions