Net Liggies
Sat Mar 30, 19:00 - Sat Mar 30, 20:30
The Showroom Theatre
ABOUT
Met: Jerome Rex en Dean van der Ventel
Hierdie musiekproduksie bied pure vermaak! Die Arendsvlei Boys Whaden Johannes (Priester), Dean Venty (Ronnie) en Jerome Rex (Brille) sal jou laat lag, huil en dans tydens 'n energieke 90-minute optrede.
Diegene wat hierdie drie as akteurs leer ken het, sal verbaas wees om te hoor dat hulle nogal kranige sangers ook is! Net Liggies is 'n verskeidenheidsprogram waartydens die manne jou gunsteling treffers, asook hulle eie oorspronklike musiek optree.
Die produksie is gepeper met snaakse en interessante staaltjies van agter die skerms, met 'n handvol verrassings ook bygegooi.
Kom geniet 'n elektriese aand saam hierdie dinamiese kunstenaars, en doen dit net liggies!