No under 13s

Alfred Adriaan: Onfiks & Veertig! (Lekker-Lag Fees 2023 @ Centurion Teater)

Fri Sep 1, 19:30 - Fri Sep 1, 20:45

Die Centurion Teater

ABOUT

Alfred Adriaan het verlede jaar veertig jaar oud geword en vier hierdie mylpaal met 'n nuwe eenmanvertoning: Onfiks en veertig.


Met sy kenmerkende energie en vlymskerp humor deel Alfred die vreugde en vrese van 'n middeljarige, getroude man. Hy het heelwat te sê, en baie om oor te kla... Soos gewoonlik delf Alfred diep in sy eie familielewe om stories te vind wat die gehoor sal laat skaterlag. Hierdie boorling van Hankey is deesdae een van Suid-Afrika se gewildste komediante met uitverkoopte vertonings oor die land heen. Hy tree ook gereeld in die buiteland op. Jy het hom al gesien op sosiale media, so kom kyk nou self hoe hy die gehoor laat kraai van die lag.


Slegs een vertoning, moenie laat slaap nie.


"Hilariously funny, energetic and relatable." - The Citizen, South Africa


-----


Die Centurion Teater LEKKER-LAG Fees 2023 bou voort op die groot sukses van 2022 s'n en bring hierdie jaar NOG MEER skreeu-snaakse komediante op die planke vanaf Sept tot Okt 2023 in mag-nie-misloop vertonings.


“In donker dae kan ‘n giggel die straal lig wees wat almal nodig – tot Eskom kan nie ‘n lag afsit nie,” sê Tiaan Kirsten-Lubbe en Lian Sachse, bestuurders en eienaars van die teater.

DIRECTIONS

Alfred Adriaan: Onfiks & Veertig! (Lekker-Lag Fees 2023 @ Centurion Teater)
Die Centurion Teater
123 Amkor Rd, Lyttelton Manor, Centurion, 0157
Get Directions