Family friendly

Die Binnelander - Musikale teater eenvrouvertoning

Sat Jul 27, 19:00 - Sat Jul 27, 20:00

AGS Kerk Durbanville

ABOUT

“Die Binnelander” is ‘n vars en verfrissende aanbieding van sestien liedere uit verskeie genres wat aanmekaar geweef word deur ‘n komiese storielyn.


Die vertoning is ‘n unieke ervaring waar die jong, opkomende sangsensasie, Elizabeth Marais, die gehoor meesleur op ‘n uurlange vertoning van liedere uit musikale teater, jazz, kontemporêr en opera. Die werke is slim gekies om die storielyn goed in te kleur en te ondersteun. Haar vertelling van Elizabeth Marais se soeke na die perfekte man in die buiteland - nadat haar pa nie haar verhouding met die plaaslike Fanie Viljoen goedkeur nie - laat die gehoor telkens met ‘n kriewel in die kiewe.


Sy vermag die moeilike taak om ‘n gehoor wat nie natuurlik van opera hou nie, gemaklik in te trek in die storielyn en vertolk swaar werke soos “Koningin van die Nag” en “Chacun le sait” met die grootste gemak terwyl sy dit lig hou deur die komiese storielyn. Net so skielik neem sy die gehoor se emosies op ‘n tuimeltrein deur die diep vertolking van “O mio babbino” en “Solo con te” en dan lewer sy moeiteloos ‘n kragvertoning met “Non je ne regrette rien.”


Elizabeth maak gebruik van ‘n kapstok met hoofbedekkings om haar karakters uit te beeld en maak ook slim gebruik van agtergrondpanele wat sy so gesels-gesels verander om die gehoor van die een land na die ander te begelei.

DIRECTIONS

Die Binnelander - Musikale teater eenvrouvertoning
AGS Kerk Durbanville
St John Rd, Vergesig, Cape Town, 7550
Get Directions