Familieboerdery: Meesterklas in Douglas

Wed Sep 6, 08:00 - Wed Sep 6, 16:00

GWK-konferensielokaal

ABOUT

Let asb. daarop dat die datum geskuif het na 6 September en nie 7 September soos geadverteer nie)

Suid-Afrikaanse boerderye lewer ’n beduidende bydrae tot die nasionale ekonomie. Met die meeste van hierdie plase in familiebesit, bly die suksesvolle intergenerasie-opvolging van sulke besighede ’n uiters belangrike onderwerp.

Terwyl die hegtheid van ’n gesinstruktuur ongetwyfeld ’n deurslaggewende rol speel in die veerkragtigheid van Suid-Afrikaanse plase, kan ’n pa-en-seun- (of dogter!) span ook unieke kwessies ervaar as dit nie behoorlik verstaan en reg bestuur word nie. Met dit in gedagte gaan Landbouweekblad SEWE meesterklasse oor familieboerdery onder leiding van Theo Vorster van Galileo Capital reg oor Suid-Afrika aanbied.

Hierdie werksessies sal geskoei wees op die topverkoperboek Familieboerderye in Suid-Afrika, waar die ooreenkomste tussen van Suid-Afrika se voorste familieboerderye geïdentifiseer en bespreek word. Terwyl familieondernemings merkwaardig suksesvolle sakemodelle bly as dit reg bestuur word, bly dit tragies wanneer ’n bate, wat oor geslagte opgebou is, tot niet gaan bloot omdat opvolging swak tot uitvoer gebring word.

Kom leer oor:

  • Opvolgbeplanning en konflikbestuur
  • Doeltreffende besluitneming en rolverdeling
  • Besigheidsbestuur
  • Boedelbeplanning
  • Besigheidsbeginsels om die suksesvolle oorgang van ’n familieboerdery na die volgende geslag te verseker

Kaartjies: R1 400 (Sluit in die topverkoper Familieboerderye in Suid-Afrika) + Jy kry ook 12 maande se toegang tot Landbou.com ter waarde van R1 800.

Familieboerderye in Suid-Afrika sal ook te koop aangebied word by die konferensie teen R300. Dit is ook in Engels beskibkaar.

Koop twee of meer kaartjies en kry 10%-afslag. Gebruik die promosiekode 2023.

Familieboerderymeesterklasse word ook aangebied in Stellenbosch, Bloemfontein, in die KwaZulu-Natalse Middelland, Gqeberha, Potchefstroom en Mbombela.

Navrae: [email protected]

FAMILY FARMING: MASTERCLASS IN DOUGLAS

South African farming makes a significant contribution to the national economy. With most of these farms family owned, the successful inter-generational succession of such businesses remains a critically important subject.
While the intimacy of a family structure no doubt plays a crucial role in the resilience of South African farms, a father-and-son (or daughter!) team can also present unique challenges if not properly understood and correctly managed.
With this in mind, Landbouweekblad and Theo Vorster of Galileo Capital will host SEVEN family farming conferences across South Africa. These gatherings will be based on Vorster’s best-selling book Family Farming in South Africa, where the common successes between some of South Africa’s leading family farms are identified and discussed. While family businesses remain remarkably successful business models if correctly managed, it remains tragic when an intergenerational asset spanning generations comes to nought
simply because succession is poorly executed.

TOPICS INCLUDE:
  • Succession planning and conflict management
  • Effective decision-making and role distribution
  • Business structures
  • Estate planning
  • Other business principles needed to ensure the successful transition of a family farm from one generation to the next.
Tickets: R1 400 (Includes the best seller Family Farming in South Africa) + A year’s subscription on Landbou.com.
Get a 10% discount if you buy 2 or more tickets. Use the promotional code FB2023.

ENQUIRIES: [email protected]

DIRECTIONS

Familieboerdery: Meesterklas in Douglas
GWK-konferensielokaal
1 De Villiers St, Douglas, 8730
Get Directions