Ek het afgetree - maar is nog lank nie dood nie

Wed Jun 14, 09:00 - Wed Jun 14, 15:00

Kleinmond Biblioteek -

ABOUT

WAAROM 'N WERKSWINKEL MET AFTREDE AS TEMA?


Die jare romdom jou aftrede word gereken as die mees stressvolle jare van jou lewe, dit word gekenmerk deur verandering op verandering.

Die tradisionele prentjie van verandering verander jaarliks en ons moet leer hoe om daarby aan te pas.


Kom bemagtig jouself in hierdie werkswinkel:





  • ‘n Praktiese werkswinkel wat vir jou sinvol sal begelei om sinvolle keuses te maak tydens aftrede.
  • ‘n Beter begrip van jou lewensmaat se frustrasies.
  • Die verskillende fases van aftrede te verstaan en te bepaal in watter fase jy jouself bevind.
  • ‘n Sterk fokus op die emosionele sy van aftrede en nie die Finansiële aspek daarvan nie.
  • ‘n Emosionele voorsprong op diegene wat dink finansiële voorsiening al bepalende faktor is wat ‘n gelukkige aftrede verseker.
  • Om nuwe vriende te maak.


WIE BIED DIE WERKSINKEL AAN?

Deon Brits is 'n 'n lewensafrigter wat spesialiseer in verandering en gedrag. Sy ervaring in Suid Afrika sowel as internasionaal as veranderingsbestuurder word is duidelik in die inhoud van die program.

Sy lewensfilosofie is om individue te help om hulle volle potensiaal te ontdek en dit dan uit te leef.

Elke deelnemer sal 'n werksblad ontvang wat hom of haar sal begelei om te bepaal wat die volgende stappe in hierdie besonderse fase van hulle lewe moet wees.


JOU KAARTJIE SLUIT IN:






  • 'n Werksblad wat jou sal help om te bepaal waar jy is in jou aftrede, wat die volgende stappe moet wees en rigtingwysers oor hoe om daar te kom.
  • Koffie en Tee by aankoms
  • 'n Warm middagete.


WAAR WORD DIT AANGEBIED:

Die werkswinkel word aangebied in die lesingslokaal van die Kleinmond Biblioteek. Dit is 'n heerlike sonnige vertrek en daar is genoegsame parkering.


Woensdag 14 Junie 2023

09:00 - 15:00



Gasheer: Deon Brits

[email protected]

082 338 2532

DIRECTIONS

Ek het afgetree - maar is nog lank nie dood nie
Kleinmond Biblioteek -
5th Ave, Kleinmond, 7195
Get Directions