Family friendly

Suid-Kaapse Herlewingslandboukonferensie

Wed Jul 26, 08:00 - Wed Jul 26, 14:00

Outeniqua-navorsingsplaas

ABOUT

Landbouweekblad, in samewerking met die Wes-Kaapse departement van Landbou bied ’n herlewingslandboukonferensie op 26 Julie 2023 in George aan.


Boere sukkel om kop bo water te hou weens die onverwagse en skerp styging in die koste van produksie-insette, met die pryse van alles van kunsmis tot gewasbeskermingsprodukte wat geklim het.


Skielik het boerdery soveel duurder geword, en die risiko het aansienlik gestyg omdat boere nou geen ander keuse het nie om noodgedwonge hoër opbrengste na te jaag.


Suid-Kaapse boere kry nou die geleentheid om kers op te steek by kenners, om by ander boere te leer wat elke dag suksesvol herlewingslandboupraktyke toepas, en meer uit te vind oor jongste navorsing oor dié opwindende veld.


Onderwerpe sluit in: Hoe om meer ekologies doeltreffend en goedkoper te boer; die vordering van herlewingslandbou in die winterreëlvalgebiede; die impak van hoëdigtheidbeweiding; konvensionele landbouproduksie: die vreesaanjaende realiteit; teelbeginsels vir aangepaste skape; dekgewasse in wingerde; en melkboerdery vanaf weiding.


Dié konferensie is ’n moet vir enige boer wat goedkoper, winsgewender en meer volhoubaar wil boer.


Sprekers sluit in:

  • Danie Slabbert, herlewingsgewas-en-veeboer van Reitz, Vrystaat
  • Clynton Collett, boer en bekende ontwikkelaar van die Meatmasterras
  • Manie Grobler, spesialislandbouadviseur
  • Dr. Bennie Grobler, veearts: Universiteit Stellenbosch
  • Barry Meijer, Bonsmarateler en herlewingsboer in die Klein-Karoo
  • Rory Sandberg, jong suiwelboer
  • Dawie du Plessis, verkoopbestuurder (Agricol) en dekgewasspesialis

DIRECTIONS

Suid-Kaapse Herlewingslandboukonferensie
Outeniqua-navorsingsplaas
George, 6530
Get Directions