Willem Botha Make-Up Masterclass - Nelspruit
Wed May 24, 18:00 - Wed May 24, 21:00
Hoërskool Nelspruit - Skoolsaal
ABOUT
Jy word hartlik uitgenooi om jou vriendinne, jou ma, jou dogter en jou ouma te bring om die bekende Willem Botha se asemrowende make-up tegnieke eerstehands te beleef.
Hoërskool Nelspruit bied 'n wonderlike geleentheid vir die gemeenskap om lekker saam te kuier, te lag en 'n gesellige aand te geniet. Willem Botha Beauty is ook daar met hul volle reeks produkte vir jou om te toets en jouself te bederf.
Hierdie geleentheid vind plaas in Hoërskool Nelspruit se skoolsaal.
Twee kaartjie-opsies beskikbaar:
Opsie 1: R4000 - tafel van 10 (Gasvrou)
Ingesluit:
Ronde tafel met 10 stoele (swart tafeldoek)
Welkom drankie
500ml water
Poedingtafel & koffiekroeg
Geskenksakkie
Uitgesluit:
Eetgerei (borde, messe, vurke, lepels, glase)
Enige tipe kos vir jou 10 gaste (let wel: daar moet genoeg spasie op die tafel wees om 'n notaboekie te gebruik en saam met Willem te werk.)
Tafeldekorasies (Verkieslik een "centre piece", raamwerk of blomme, 30x30x30cm met kleure: wit, swart, silwer, roosgoud of goud.)
Servette
(Opsie 1 is EEN WEEK voor Opsie 2 beskikbaar op Quicket)
Opsie 2: R500 p.p (enkelkaartjie)
Ingesluit by die prys:
Welkom drankie
500ml water
Peuselhappies per persoon
Poedingtafel & koffiekroeg
Geskenksakkie
Wat kan jy verwag by hierdie byeenkoms:
- 30 minute vertoning deur Willem Botha
- Twee uur Make-Up klasaanbieding
- Willem Botha Beauty produkte te koop
- Welkom drankie
- Drink-en-eet goedjies op die tafel
- Poedingtafel & koffiekroeg
- Geskenksakkie
Vir enige navrae kontak asseblief:
Hené Pieters
henepieters@gmail.com
Ons sien uit om die aand saam julle te kuier.