Family friendly

Die Klankbaan van jou lewe - met Stephanie Baartman en Stiaan Bruwer (van Diepe Waters)

Sat Apr 1, 15:00 - Sat Apr 1, 17:00

Die Centurion Teater

ABOUT

"Die Klankbaan van jou lewe is ‘n musikale feesviering soos min." 


In dié unieke produksie ervaar die gehoor die magistrale sang en musikale talent van: Sangeres Stephanie Baartman (ook bekend vir haar rol in Getroud met Rugby en tans in Diepe Waters ) en Kaapse Sanger Stiaan Bruwer ( ook tans te sien in Diepe Waters - die Kyknet Telenovelle)


In die reeks “ Diepe Waters “ speel Stephanie en Stiaan ook ‘n paartjie wat maar sukkel om hul romanse te laat werk. Stiaan en Stephanie se uitsonderlike stemme, hul warm verhoog persoonlikhede en veelsydigheid bied aan die gehoor ‘n verstommende verskeidenheid van musiekgenres: Van Ballades, Country, Jazz , Pop, Rock, Afrika medleys, Afrikaanse en Engelse liedjies. 


Soms, net soms ervaar mens sangers wat uitstaan, werklik bo die gewone uitstaan - Stephanie en Stiaan is twee van daardie rare sangers. 


Regie: Lizz Meiring . 


Kom ervaar slim, unieke , warmhartige vermaak met "Die Klankbaan van jou lewe” 

Die produksie is ten bate van SAACA ( Southern African Animal Cancer Assiciation) www.saaca.org.za 

DIRECTIONS

Die Klankbaan van jou lewe - met Stephanie Baartman en Stiaan Bruwer (van Diepe Waters)
Die Centurion Teater
123 Amkor Rd, Lyttelton Manor, Centurion, 0157
Get Directions