No under 18s

Wyn & Kuier & Kos

Fri May 5, 17:00 - Fri May 5, 23:00

NG Tygerpoort

ABOUT

Twee gemeentes vat hierdie jaar saam hande! Dit is 'n mooi verhaal dat gemeentes uit verskillende kontekste en areas in ons land saam 'n projek kan aanpak wat tot albei gemeentes se voordeel strek. 


NG Kerk Montagu is in die pragtige dorp Montagu in die Wes Kaap geleë en bedien ook die wyer boere gemeenskappe in die omliggende areas. Die gemeente is hierdie jaar reeds 168 jaar oud en het 'n ryk geskiedenis. Een van die groot uitvoerprodukte van die Breëriviervallei is hul besonderse wyne.


Die NG Gemeente Tygerpoort is gelee in die besige en groeiende ooste van Pretoria. Die gemeente bestaan sedert 1981 en bedien huidiglik meer as 3500 lidmate. Tygerpoort se leuse is "nie ter wille van onsself nie". Die gemeente se kultuur van gasvryheid en kuier is bekend in die gemeenskap. Die gemeente brei uit en is besig om fondse te genereer vir verdere aanbouings op die terrein.


Deur hande te vat is die gemeentes in staat om 'n wynveiling te hou waarvan die fondse wat ingesamel word tussen die gemeentes op gelyke basis gedeel word. Daar word gelyktydig 'n stylvolle en unieke funksie in Pretoria en Montagu gehou op Vrydagaand, 5 Mei 2023.


Die wynveiling sal in twee fases geskied. Die eerste fase sal aanlyn plaasvind vanaf middel April 2023. Die tweede fase sal lewendig tydens die aandfunksies plaasvind. 


Kom geniet ’n aand van goeie wyn, kos en vermaak:



  • Montagu kelders voorsien 'n wynproe wanneer gaste arriveer.
  • Corli Prinsloo (bekende sjef van Ontbytsake) bedien drie wyne saam met die drie-gang ligte etes deur die loop van die aand.
  • Lizz Meiring vermaak die gaste en sal self 'n paar van die items opveil as seriemoniemeester.
  • Leon Gropp (sanger en Ontbytsake aanbieder) tokkel die snare.  
  • Die wynveiling word hanteer deur CdP Auctioneers.


WYNVEILING

Die detail inligting oor die wynveiling en hoe registrasie op die digitale platform werk sal later deurgegee word. Verskeie lotte wat opgemaak word uit 'n verskeidenheid van wynplase se wyne sal die aand opgeveil word. Daar sal ook 'n paar verrassings wees om die aand jou hande op te lê.


KLEREDRAG: Elegant formeel

Moenie jou denim, plakkies of kortbroek aantrek nie.

Dames - elegant

Mans - langbroek, langmouhemp en sportbaadjie (of soortgelyk) met of sonder 'n das.

Onthou iets warm! Die funksie is buite!


LET WEL: Geen kinders onder 18 word by die funksie toegelaat nie.


Dit is 'n stylvolle gedoente!

DIRECTIONS

Wyn & Kuier & Kos
NG Tygerpoort
51 Henry Rd, Shere, 0084
Get Directions