No under 16s

'Die Weduwee se Sjampanje' met Lizz Meiring (@ Die Centurion Teater)

Sat Mar 4, 19:30 - Sat Mar 4, 20:45

Die Centurion Teater

ABOUT

Die Weduwee se Sjampanje is ‘n uiters vermaaklike, unieke en informatiewe storie van die ware weduwee (Veuve) Cliquot wat in die 1800’s in Frankryk rewolusionêre metodes ontwikkel het om Sjampanje en wynmaak vir ewig, wëreldwyd te verander.


Vreemd genoeg is haar uitsonderlike verhaal nog nooit vertel op tv, film of teaterverhoë nie. Die produksie is letterlik ‘n wêreld eerste. Lizz Meiring vertolk die fassinerende karakter van die Weduwee Cliquot wat haar lewens verhaal herleef – dis propvol interessanthede oor die vrou, haar werk, haar lewe en haar era.


Voeg ‘n glas of twee, heerlike sjampanje by (ingesluit by die kaartjieprys) – et voila (siedaar) soos die Franse sou sê – heerlike, diepsinnige en slim, en by tye vrolike en hartstogtelike vermaak soos min.


Teks, Regie en Vertolking deur Lizz Meiring

DIRECTIONS

'Die Weduwee se Sjampanje' met Lizz Meiring (@ Die Centurion Teater)
Die Centurion Teater
123 Amkor Rd, Lyttelton Manor, Centurion, 0157
Get Directions