Landbouweekblad se Herlewingslandboukonferensie 2023 – Reitz

Mon Mar 13, 08:00 - Tue Mar 14, 14:00

Reitz-skouterrein

ABOUT

SEE ENGLISH BELOW!


Die krisis in die Oekraïne het vir die wêreld gewys hoe kwesbaar ons internasionale voedselstelsels is en hoe kospryse die hoogte in kan skiet as insette skaars raak.


Is dit moontlik om die natuur in te span om goedkoper en winsgewender te boer, en kan dit ’n bietjie van die stres van kapitaalintensiewe boerdery verlig? Benewens die impak op ’n boer se beursie, is die wêreldbevolking aan die groei en krap boere kop oor hoe om ons huidige landbou-opbrengste te verdubbel om in die behoeftes te voorsien.


By Landbouweekblad se herlewingslandboukonferensie in Reitz neem ons hierdie en ander herlewingslandboukwessies onder die loep om jou te help om saam met die natuur te werk, want met gesonde grond kan ons aanhou boer tot in die verre toekoms.


Vanjaar gaan boere die geleentheid kry om kers op te steek by internasionale kenner Rick Clark, ’n vyfdegenerasieboer in die Warren-distrik in Indiana, Amerika.


Ons klop ook onder andere aan by Frits van Oudtshoorn, ’n graskenner, GP Schoeman, besturende direkteur van die landboukonsultantonderneming Agrisol, en boere Danie Slabbert, Pikkie Uys en Johann Zietsman wat elke dag suksesvol herlewingslandboupraktyke toepas. Konferensiegangers kan ook uitsien na boereproewe, praktiese demonstrasies van ultrahoëdigtheidsbeweiding en saam met kenners in die veld stap.


’n Kaartjie kos net R1 850 (alle etes ingesluit). Bespreek vroeg en betaal R1 600. Jy kry ook 12 maande se toegang tot Landbou.com ter waarde van R1 800 GRATIS wanneer jy ’n kaartjie koop.


Vir die program klik HIER.


Indien jy enige akkommodasie-opsies benodig, kontak gerus vir Danie van Aswegen by 082 534 8372.


Dié konferensie is ’n moet vir enige boer wat goedkoper, winsgewender en meer volhoubaar wil boer.


Rig navrae aan [email protected].


Landbouweekblad se drie konferensies – Reitz, Ottosdal en Somerset-Wes – word aangebied in samewerking met die Riemland Studiegroep, die Ottosdal-geenbewerkingsklub, Soil Health Support Centre, ASSET Research en die Mielietrust.


***


The crisis in Ukraine has shown the world how vulnerable our international food systems are and how food prices can skyrocket when inputs become scarce. Is it possible to harness nature to farm more cheaply and profitably, and can it alleviate some of the stress of capital-intensive farming?


Apart from the impact on a farmer's wallet, the world population is growing and farmers are puzzled how to double our current agricultural yields to meet their needs.


At Landbouweekblad's regenerative agriculture conferences in Reitz, we examine these and other regenerative agriculture issues to help farmers work with nature because with healthy soil we can farm for many more years into the future.


This year, farmers at the Reitz conference will have the opportunity to get insight from the international farmer Rick Clark, a fifth-generation farmer in the Warren district in Indiana, America.


Here we will also meet Frits van Oudtshoorn, a grass expert, GP Schoeman from Agrisol, and the farmers Danie Slabbert, Pikkie Uys and Johann Zietsman, who successfully apply regenerative agriculture practices every day. Attendees can also look forward to farm trials and practical demonstrations of ultrahigh-density grazing and join experts on walks in the veld.


A ticket costs R1 850 (including all meals). Early bird special: R1 600. A ticket also includes a FREE 12-month subscription to Landbou.com worth R1 800.


Click HERE for the programme. (Toggle to the second page for the programme in English)


If you need help with accommodation, please contact Danie van Aswegen on 082 534 8372.


For enquiries contact [email protected].


Landbouweekblad's three conferences – Reitz, Ottosdal and Somerset West – are presented in collaboration with the Riemland Study Group, the Ottosdal no-till club, the Soil Health Support Centre, ASSET Research and the Maize Trust. 


?



DIRECTIONS

Landbouweekblad se Herlewingslandboukonferensie 2023 – Reitz
Reitz-skouterrein
Sarel Cilliers St, Reitz, 9810, South Africa
Get Directions