Hans Steek die Rubicon Oor - Terug op Populêre Aanvraag (Leftfoot Produksies Naweek Kunstefees)
Sat Feb 25, 19:30 - Sun Feb 26, 16:15
Die Centurion Teater
ABOUT
Hans steek die Rubicon oor!
Ons het belowe dit kom terug, en hier is hulle nou! Terug op oorweldigende aanvraag!
Die TREFFER Teaterstuk, Hans Steek die Rubicon Oor is TERUG by die Centurion Teater waar dit in Preotria gedebuteer het en sal weer op die planke wees op POPULêRE AANVRAAG met die Leftfoot Produksies en Centurion Teater NAWEEK KUNSTEFEES vanaf 23 – 26 Februarie 2023.
Die Leftfoot Produksies/Centurion Teater Naweek Kunstefees is NOG 'n kans om hierdie bekroonde en uitverkoopte produksies op die planke te sien waar dit vir die eerste keer gewys het! Dagboek die hele naweek (23 - 26 Februarie 2023) en kry jou kaartjies! Kom geniet jouself weer in die teater en met hierdie puik produksies van ons geliefde vriende en vennote by Leftfoot Porduksies!
Op 90 is Hans nog springlewendig. Sy kinders boender hom egter vanuit hul tuistes in die buiteland uit sy lekker huis in die Kaap in Huis Madeliefie in. Hans se vindingryke pogings om uit Huis Madeliefie te ontsnap, word deur sy kinders en 'n drakoniese matrone in die wiele gery. Maar Hans laat hom nie voorskryf nie, en sy rebelsheid het geen keer nie. Vinnig is daar groot konsternasie in die tehuis. Hans se vele, en soms verdagte, nuwe vriende sorg vir groot pret en heelwat moeilikheid. Van daggakoekies en 'n boeremafia tot ontkleedansers en protesaksies, word Huis Madeliefie en sy inwoners onderstebo gekeer. Hans se storie is 'n storie van ons tyd. Sy omstandighede is dié van vele ouer Suid-Afrikaners wie se kinders die land verlaat het. Hans manewales sal oud en jonk gehore laat skaterlag.
Eers was daar die topverkoper boek deur Rudi van Rensburg, toe die baie gewilde voorlesing daarvan op RSG deur Tobie Cronjé, binnekort ook 'n rolprent en nou 'n komiese toneelstuk oor oudword op eie terme.
Toneel: Komedie / eenmanvertoning
Naam van produksie: Hans steek die Rubicon oor
Met Charlie Bouguenon
Teks: Rudi van Rensburg
Verwerking: Francois Toerien
Regie: Lizz Meiring
Tegniese Regie en Beligtingsontwerp: Jak J Brits
Vervaardiger: Leftfoot Theatre Productions
Ondersteun deur NATi (Nasionale Afrikaanse Teaterinisiatief)
In Samewerking met Innibos Kunstefees