Juan Boucher live by Kapstadt Brauhaus Paarl

Wed Dec 14, 19:30 - Wed Dec 14, 20:45

Kapstadt Brauhaus Paarl

ABOUT

Ons sluit 2022 se vertonings af met Juan Boucher live op verhoog. Sy vorige vertoning by Kapstadt Brauhaus Paarl was vinnig uit verkoop en 'n awesome kuier!


Juan Boucher is met rede een van Suid-Afrika se gewildste kunstenaars. Sy musiek het die vermoë om jou dansvloer toe te sleep, sy stem skuur soos honderdgrein skuurpapier oor die klank van elektriese kitare en met sy lirieke deel hy digterlik en opreg sy eie lewens ervaring.


Juan het oor die afgelope twaalf jaar bekend geword vir sy vermoë om te kan wissel tussen opgewekde dansmusiek en treffende rock-ballades, maar deur die verskillende genres word die tema van liefde konstant herroep. Deur sy musiek dra Juan sy hart op sy mou en deel hy amper outobiografies stories van nuwe liefde, teleurstelling en soms verlies.


"Juan het nog altyd oor liefde geskryf. Soms opvallend ander kere nie," deel Tersius Human. "maar hy is getroud en het 'n kind oppad en uit my eie ervaring word jou verwysingsraamwerk vir liefde skielik anders. Dis 'n baie harde realiteit, want jy leef nie meer vir jouself nie. Ek dink dis waar hy nou is. Hy besef hy leef nie meer net vir homself nie en jy kan dit hoor in die manier waarop hy skryf."


Perspektief is nie al wat verander het nie, want Hier Waar Ek Nou Is gaan ook Juan se aanhangers aan 'n nuwe klank voorstel.


"Ons was opsoek na 'n nuwe klank vir Juan se nuutste album. Ons het geluister na John Mayer se Laste Train Home. Die manier waarop hy die blues-kitaar saam met Synth en Dreamwave gekombineer het, het baie gegrens aan daai 80's The Cure tipe klank en ons was mal daaroor. Ons het net gehardloop daarmee en dit het gemaklik en ongevorseerd gevoel om te implementeer," vertel Human.


Juan se kitaarspeler, Rudi Kleingeld was ook betrokke met vervaardiging en het die kitaarverwerkings op die album geskryf. Aanhangers sal steeds Juan Boucher in die album voel, maar dis 'n nuwe gevoel.


Hier Waar Ek Nou Is, is die kulminasie van evolusie waar deur Juan gegaan het met sy laaste drie albums. Die volwasse en minimalisties, maar lewer steeds musikale skop.


Datum: 14 Desember 2022

Tyd: 19:30 vir 20:00

Adres: 90 A Main Road, Hoog-En-Droog, Paarl

DIRECTIONS

Juan Boucher live by Kapstadt Brauhaus Paarl
Kapstadt Brauhaus Paarl
90A Main Rd, Hoog-En-Droog, Paarl, 7646
Get Directions