Ruhan du Toit live by Kapstadt Brauhaus Langebaan

Mon Dec 12, 20:00 - Mon Dec 12, 21:15

Kapstadt Brauhaus Langebaan

ABOUT

Ruhan du Toit, met sy uitsonderlike vieroktaafstem, sjarmante verhoogpersoonlikheid en spontane energie het sedert 1993 diep spore in die musiekbedryf kom trap.

Met 'n veelsydige genre van musiek, wat strek oor ses tale, is hy ewe tuis op 'n internationale verhoog as om 'n bosveldvuur met 'n handjie vol uitgesoekte gaste. Deesdae werk hy voltyds saam met Coleske Group, 'n afdeling van Warner Music Africa, aan sy musiek loopbaan en is hy net so deel van die Afrikaner kultuur soos braaivleis en koeksisters.


Met 'n gemiddeld van 200 vertonings per jaar, het hy lankal reeds die kuns bemeester om sy gehoor te lees en vir almal iets bied uit sy arsenaal van meer as 500 liedere.


Ruhan se vertonings is 'n kombinasie van reuse-musikale verwerkings wat jou mond sal laat oophang en naakte eenvoud, waar net sy stem en kitaarspel ten toon gestel word.


Hy sien uit na die volgende hoofstuk van sy loopbaan en om nog vir baie lank die naam op musiekliefhebbers se lippe te wees.


Kom sien hom in lewende lyf op verhoog by Kapstadt Brauhaus Langebaan Maandag, 12 Desember om 20:00.

DIRECTIONS

Ruhan du Toit live by Kapstadt Brauhaus Langebaan
Kapstadt Brauhaus Langebaan
1 Mykonos Access Rd, Mykonos, Langebaan, 7357
Get Directions