No under 18s

PWDU BUFFELSFONTEIN PUBLIEKE WEDVLUG

Sat Oct 1, 10:00 - Fri Oct 14, 00:00

Event is online

ABOUT

DIe Pretoria Wedvlugduiwe Unie insamewerking met BUFFELSFONTEIN, nooi ons die publiek uit om volgende jaar saam met ons Unie n kompetisie wedvlug te vlieg:


Die BUFFELSFONTEIN PUBLIEKE WEDVLUG vanaf Springfontein.


Die Pryse en Prysgelde sal bekend gemaak word voor die wedvlug vanaf Springfontein in 2023.


Jy kan vir jou n kaartjie koop wat as 1 duif ( + 2 reserwes) tel.


Een persoon mag nie meer as 3 aparte ringe besit nie.


Die ringe sal na die sluitings datum op 15 Oktober deur n "random selector" aan die duiweboere versprei word. Die trekking sal op die PWDU Facebook blad "live" gebeur.


Vul asb deeglik jou besonderhede in sodat ons jou maklik kan kontak en ophoogte hou van jou duiwe en die uitslae.



  • Onthou duiwe vlieg op genande van bo. Die beste geteëlde en gesondste duif kan ook deur n valk gevang word of teen n draad vasvlieg. So as jou duif en sy reserwes voor die wedvlug of met die wedvlug verlore gaan - is dit wat dit is... Geen refunds nie.
  • Jy het eerste keuse op jou reserwes in dien jy hulle ook wil aktiveer vir die BUFFELSFONTEIN wedvlug as jy sou wou. Anders kan enige iemand hulle koop om te vlieg indien hulle sou wou. Dit sal ook deur n random trekking gekies word.
  • Die duif bly die duiweboer se eiendom voor en na die wedvlug.