Family friendly

Paul Roos Gymnasium vs Boland Landbou Rugby

Sat Aug 13, 08:00 - Sat Aug 13, 16:00

Markotter Sports Complex

ABOUT

Paul Roos Gimnasium se rugbyspanne sal op 13 Augustus 2022 teen die Hoër Landbouskool Boland speel op die Markötter Sportkompleks. Die eerste wedstryde begin reeds om 08:00 met die hoofwedstryd wat om 13:00 sal begin.


Bespreekte sitplekke is te koop teen R40 op Quicket vir twee tydelike pawiljoene wat agter die pale opgerig is aan weerskante van die veld. Bespreek jou kaartjies op die C2M pawiljoen (Markötter Klubhuis se kant) of op die AFGRI pawiljoen (Bloemhof se kant).


Onbespreekte kaartjies kan ook by die hekke gekoop word teen R20 dmv bankkaarte, Snapscan of Zapper. Twee hekke sal u toegang tot die gronde verleen nl die hoofhek van Markötter asook die hek in Doornboschstraat aan Laerskool Eikestad se kant. Parkering is beskikbaar by Paul Roos Gimnasium.


Hoërskoolleerders wat skooldrag dra verkry gratis toegang.


Slegs Paul Roos Old Boys en Klub 1000 lede met kaarte verkry gratis toegang. Indien PRG Old Boys en Klub 1000 lede op die pawiljoen wil sit, moet hulle kaartjies daarvoor aanskaf.


Vind asb die program vir die dag hieronder:

https://paulroos.co.za/files/2022/08/Rugby-Boland-Landbou-13-Aug.pdf


Verversings sal te koop wees op die dag.

DIRECTIONS

Paul Roos Gymnasium vs Boland Landbou Rugby
Markotter Sports Complex
Krigeville, Cape Town, 7599
Get Directions