Ouer Gemeenskap Simposium 2022

Sat Aug 27, 09:00 - Sat Aug 27, 13:45

Laerskool Louw Geldenhuys

ABOUT

'n Simposium vir ouers en onderwysers wat hulle bemagtig om in konneksie te wees met die leefwêreld van kinders en tieners. Die Simposium fokus op die uitdagings van kinder- en tieneropvoeding en onderwys en hoe volwassenes met veerkragtigheid, kinders en tieners kan versterk om uitdagings te hanteer.

Vier aanbiedings is ingesluit: Opening en slot sessie vir al die ouers; twee keuse opsies waar ouers / onderwysers self kies watter onderwerpe en aanbiedinge hul wil bywoon. Ligte middagete is ingesluit.


Opening aanbieding: (Almal woon by)

Versterking van veerkragtigheid


Keuse aanbiedings:

Sessie 1 (Kies een om by te woon):

1a) Vroeë kinderontwikkeling: Die belangrikheid van taalontwikkeling vir lees en spelling; of

1b) Leer ontwikkeling: Gesonde eetgewoontes wat die brein voed, spesifiek vir ADHD; of

1c) Sosiale ontwikkeling: Die hantering van konflik tussen sibbe (broers & susters); of

1d) Emosionele ontwikkeling: Die rol van pa's se kinders se emosionele ontwikkeling.


Sessie 2 (Kies een om by te woon):

2a) Vroeë kinderontwikkeling: Dissipline tydens vroeë kinderjare; of

2b) Leer ontwikkeling: Sensoriese integrasie van die laerskoolkind; of

2c) Emosionele ontwikkeling: Emosionele ondersteuning aan pre-/tieners na Covid-19; of

2d) Emosionele Welstand: Die belangrikheid van self-sorg vir onderwysers.


Slot sessie: (Almal woon by)

Ouers se eie self-regulasie


By seleksie van 'n kaartjie is die verskillende opsies uit sessie 1 en sessie 2 reeds saamgevoeg.

*Daar gaan verskillende Uitstallers die dag ook wees, so bring gerus kontant saam*

DIRECTIONS

Ouer Gemeenskap Simposium 2022
Laerskool Louw Geldenhuys
3rd Ave, Linden, Randburg, 2195
Get Directions