Joshua na die Reën by die Daisy Jones

Fri Aug 12, 17:00 - Fri Aug 12, 23:00

The Daisy Jones, Summerhill Wines, R44, Stellenbosch

ABOUT

Joshua na die Reën (Jacques de Villiers) bring weer sy musiek, insluitend 2 nuwe liedjies, na Stellenbosch met sy hele band.

Bring jou vriende en familie saam, dit belowe om 'n aand vol emosie en gevoel te wees met stories wat jou verbeeldingswêreld sal verbreed en prikkel.


Met Andy Maritz agter die dromme, Heini Berner op elektriese kitaar en Gerhard Bienedell agter die baskitaar.

(En sy broer Pierre De Villiers doen weer sy kuns agter die mengbord!)


Vrydag 12 Augustus

Deure 17h00

Show: 20h00

Venue: The Daisy Jones Bar at OMG, Summerhill Wine Estate, R44, Stellenbosch


Dit sal 'n staande konsert binne wees met beperkte sitplek (First-come-first-served) op die stoep vir pre-show drankies en aandete (Pizzas / burgers)


====================

Meer oor die kunstenaar:

====================

Joshua na die Reën se unieke musiekstyl en strelende stem boei luisteraars reeds sedert die eerste note van sy debuutalbum, Joshua na die Reën, in 2014 die radio en Afrikaanse musiekbedryf kom verower het. Ghoema-musiektoekennings vir Nuweling van die Jaar en Beste Kontemporêre Manlike Kunstenaar, asook ’n Huisgenoot Tempo-toekenning vir Beste Nuweling, ’n Woordfees-toekenning vir Beste Solo-Kunstenaar en temaliedjies vir verskeie flieks, televisieprogramme en -veldtogte, was maar net die begin van ’n suksesvolle loopbaan wat baie vinnig vlam gevat het. 


DIRECTIONS

Joshua na die Reën by die Daisy Jones
The Daisy Jones, Summerhill Wines, R44, Stellenbosch
33°52'57. 18°50'49, 6 8th Ave, Stellenbosch, 7615
Get Directions