Boeredag in Kakamas: Systap hoë kunsmispryse só

Thu Aug 11, 08:00 - Thu Aug 11, 16:00

Lake Grappa

ABOUT

As hoë kunsmispryse jou hoofbrekens besorg is Landbouweekblad en Charl Baard Landbouprodukte se boeredag op 11 Augustus 2022 by Lake Grappa, Kakamas, net vir jou.


Besproeiingsboere van Groblershoop tot Onseepkans kan op dié boeredag naby Augrabies kom leer om insette doeltreffender te gebruik.


Kom steek kers op by kundiges soos dr. Pieter Raath van Labserve (riglyne om te oorleef); prof. Karin Jacobs van die Universiteit Stellenbosch (grondgesondheid: benut jou grondorganismes); mnre. Adri Truter van Metson World (doelgerigte grondgesondheidsprodukte), Dawie du Plessis van Agricol (rol van dekgewasse) en Peter Kuilman van Redsun (noodsaaklikheid van gesonde en veilige voedsel vir die wêreldmark).


Ná middagete word dekgewasproewe besigtig. Du Plessis sal die bespreking fasiliteer en Raath sal die profielgate toelig.


Upington Trekkers sal ook bossieslaners en “mulchers” in die werksry en op die bankies demonstreer.


Die dag duur van 09:00 tot 15:00, waarna almal kan saamkuier.


Klik HIER vir die program.


Rig navrae aan Apollo Bomvana by 067 217 0190.

DIRECTIONS

Boeredag in Kakamas: Systap hoë kunsmispryse só
Lake Grappa
7FP9+JX Korea-eiland, South Africa
Get Directions