Beeld Vrouefees

Sat Aug 13, 09:00 - Sat Aug 13, 17:00

Monte de Dios

ABOUT

Vrouelesers het gevra en Beeld het geluister….


Beeld nooi sy vrouelesers uit om ‘n blaaskans saam met ander vroue te kom geniet by die 2022 Vrouefees, wat by die prag venue Monte De Dios in Pretoria aangebied sal word.

Bring ‘n vriendin of sommer ‘n paar vriendinne en vergeet ‘n slag van al die dinge wat die lewe soms so ‘n uitdaging kan maak.


Die program is propvol interessante items, waaronder ‘n mooimaakvertoning deur Hannon, ‘n optrede van Germandt Geldenhuys en nog vele meer.


Registrasie open om 08:30, bring dus jou kaartjie saam. Hannon se mooimaakvertoning begin stiptelik om 10:00 en deure sal toegemaak word.


Moenie vergeet om ‘n handsak met sanitêre en/of skoonheidsbenodighede vir vroue in nood saam te bring nie.


Die eerste 40 kaartjies kos R400 per persoon, so koop nou jou kaartjie om nie uit te mis nie. Daarna kos kaartjies R450 per persoon. Tafelbesprekings is ook moontlik, kies tussen 6 of 10 en spaar nog meer.


Jou kaartjie sluit in: Hannon-mooimaakvertoning, middagete saam met Germandt, #Vroueklets en kuiermark.



Ons is daartoe verbind om jou reg tot privaatheid te beskerm, besoek dus asseblief ons privaatheidsportaal by https://www.media24.com/group-privacy-portal/ vir meer besonderhede oor hoe Media24 jou persoonlike inligting verwerk in ooreenstemming met die Wet op die Beskerming van Persoonlike Inligting, Wet 4 van 2013.


DIRECTIONS

Beeld Vrouefees
Monte de Dios
106 Achilles St, Olympus AH, Pretoria, 0081
Get Directions