FREE OPTIONS
Family friendly

Babalela (Kinderteater)

Fri Jul 1, 10:30 - Fri Jul 1, 12:00

Centurion Theatre

ABOUT

Babalela

Deur Martie Preller

 

 

Diep, diep in ‘n donker bos waar die son net soms deur die takke loer…

Diep, diep in ‘n donker bos waar die varings welig diepgroen staan…

Diep, diep in ‘n donker bos in ‘n hol boomstomp, net onder ‘n blaar…

Woon die Babalela!

 

Die eerste gedagte wat by 'n mens opkom waneer jy Babalela vir die eerste keer ontmoet, is pure pret en hope plesier.

 

In die nuutste Babalela-avontuur skrik die Babalela hom yskoud toe daar op `n dag `n nare gerammel in die bos is.

 

Hy kan nie glo wat hy sien nie. Aan die rand van die bos dreun en grom `n reuse-stootskraper. Soos `n kwaai bul loop die stootskraper `n klomp bome storm. Die bome knak, vou en val. Oral lê daar bome en bosse rond wat die stootskraper omgeruk het.

 

As die Babalela en sy maats nie vinnig `n plan maak nie, gaan daar niks van hulle geliefde bos oorbly nie!

 

Oud en jonk sal gelukkig wees om te hoor dat Babalela-Die stories en liedjies nou ook op CD vrygestel is.

 

Babalela kuier op 1 Julie 2022 om 10h30 by die Centurion Teater!

 

Vir besprekings kontak: Quicket / www.centurionteater.co.za

Vir navrae kontak vir Yolandie by 061 521 8662 of Whatsapp: 082 572 2408 of epos na [email protected]

 

Sien julle daar!

DIRECTIONS

Babalela (Kinderteater)
Centurion Theatre
123 Amkor Rd, Lyttelton Manor, Centurion, 0157
Get Directions