Danny Smoke live by Kapstadt Brauhaus Langebaan
Thu Jun 9, 19:30 - Thu Jun 9, 20:45
Kapstadt Brauhaus Langebaan
ABOUT
Danny het op die ouderdom van 18 saam Jak de Priester begin optree as Jak se baskitaar speler.
Hy het die volgende jaar oorbeweeg as kitaarspeler vir Jak. Danny het Jak de Priester se gewilde
album “Groen Mamba” vervaardig en vir n verdere 6 jaar saam Jak reg oor die land getoer.
In dieselfde tyd het Danny se talent as musikant hom baie vinnig gewild begin maak onder
ander sangers en musikante en het hy vir verskeie ander sangers ook begin speel. Die lys is
redelik lank maar sluit in: Dewald Wasserfall, Jo Black,Die Heuwels Fantasties, Steve
Hofmeyr, Juanita du Plessis, Theuns Jordaan, Jay, Eden, Lianie May, Snotkop, Kurt Darren,
Karlien van Jaarsveld, Bobby van Jaarsveld, Bok van Blerk, Ricus Nel, Laurika Rauch, Koos
Kombuis, Elvis Blue, Ghapi en die lys gaan aan. Danny het ook verskeie internasionle toere
gedoen en saam internasionale kunstenaars soos Brian McFadden (Westlife), Roan Ash, Stef
Bos en Uriah Heep opgetree.
Danny het ook onlangs die gewilde nuwe musikant op almal se lippe, Roan Ash se album
“Whiskey to my soul” vervaardig wat internasionale sukses bereik.
Danny was saam Roan Ash en n span mense Nashville toe in Februarie vir n optrede en vir
besigheids doeleindes. Danny vertrek weer in Junie Nasvhille toe saam Roan Ash om by die
CMA Festival (Country Music Awards) op te tree.
Ons is bitter opgewonde om vir Danny Smoke en sy orkes op Kapstadt Brauhaus Langebaan se verhoog te verwelkom.