Kersfeesetes saam met SARIE 2022

Wed Nov 30, 19:00 - Sun Dec 4, 17:00

Atlantic Studios

ABOUT


Geniet ’n Kersfeeskuier saam met SARIE. Ons doen dit in styl, en SARIE-kosredakteur, Herman Lensing, kook spesiaal vir jou.

 

Wat is Kersfees sonder ’n kuier saam met jou gunsteling-vriendin, SARIE. Tye het dalk verander, maar ons aptyt vir ’n heerlike ete geensins nie. Daarom maak ons weer so. Die Kersete het al ’n instelling geword en vanjaar sal Herman weer eens iets optower wat al jou sintuie sal laat tintel en bruis. Die Kokkedoor-stoor (soos dit bekendgestaan het) het boonop ’n nuwe baadjie aangetrek en vanjaar gaan daar net nog lekkerder gekuier word.

 

Sparta Beef sal sorg vir die beste vleissnitte, terwyl jy met die komplimente van Robertson Winery ’n glasie sal kan klink. African Extracts, Rooibos gee vanjaar 'n heel nuwe geur aan die etes. Herman word soos altyd bygestaan deur die flink studente van die ICA Chef School.

 

 

TAFELS

Soos verlede jaar kuier ons om gesellige tafels in Kaapstad, met Herman en sy span wat vir jou ’n vyfgang-feesmaal berei.

NB. Ons bou hierdie tafels rondom jou bespreking en nie om ’n langtafel nie – om aan coronavirusregulasies te voldoen. Jy moet dus vir al jou gaste op een slag betaal, sodat ons weet hoeveel mense om ’n tafel sit. Die tafel sal onder jou naam bespreek wees.

 

INGESLUIT

Die prys sluit drankies, ’n vyfgang-feesmaal en die resepte vir dié heerlike ete in. Jy gaan huis toe met ’n geskenkpak vol bederwe van die borge en SARIE.


 

DATUMS

Woensdag 30 November 19:00

Donderdag 1 Desember 19:00

Vrydag 2 Desember 19:00

Saterdag 3 Desember 18:00

Sondag 4 Desember 12:30

 

PLEK

Atlantic Studios, Montague-rylaan 7, Montague Gardens, Kaapstad

 

KAARTJIES

R695 per persoon, alles ingesluit

 

* Indien jy enige navrae het, kontak [email protected]


//


We are committed to protecting your right to privacy, please visit our Privacy Portal on https://www.media24.com/group-privacy-portal/ for more details on how Media 24 processes your personal information in accordance of the Protection of Personal Information Act 4 of 2013

DIRECTIONS

Kersfeesetes saam met SARIE 2022
Atlantic Studios
7 Montague Drive, Montague Gardens, Cape Town, 7441
Get Directions