Family friendly

Gelukkige Trekking in die Waterberge 2023

Thu Feb 9, 12:00 - Fri Jun 2, 22:00

Hervormde Kerk Onverwacht

ABOUT

Hervormde Kerk Onverwacht bied aan:

Gelukkige trekking in die Waterberge!

Hervormde Kerk Onverwacht in Ellisras is aan die rand van die uitgestrekte Bosveld geleë – ’n Jagtersparadys en vleiswêreld soos min.


Ons bied aan jagters oor die hele Suid-Afrika die moontlike geleentheid om in die wêreld met die wye horisonne te kom jag, van ons heerlike Bosveld-vleis of ’n wegbreek naweek te wen.


Ons is ’n gemeente wat aktief in die gemeenskap werk en poog om vir alle mense ’n geestelike tuiste te bied.


Vir SLEGS R100 kan jy ‘n gelukkige WENNER wees!

3 Kategorieë | 6 Pryse per Kategorie




Prys besonderhede, reëls en regulasies:

Kompetisie sluit op Vrydag, 2 Junie 2023 om 22:00. 

Pryswenners sal bepaal word deur 'n prystrekking op Sondag, 4 Junie 2023 by NHK Onverwacht (Ellisras)

 

Jagpakket sluit in selfsorgeenheid vir 4 persone (2 dae / 2 nagte), koelkamer geriewe en skoonmaakdienste. Jagte sal plaasvind tydens die jagseisoen van 2023 (Junie/Julie).


Beskikbare datums sal aan wenner deurgegee word. Wenner van die jagpakkette/prys is self verantwoordelik vir die bewerking van die vleis. Wenner van die jagpakket moet in besit wees van 'n gelisensieerde vuurwapen, ingeval waar die wenner nie self 'n wapen het of self wil jag nie, sal 'n professionele jagter (teen geen ekstra koste) die jagwerk doen.

 

Wenners van vleis pakkette is self verantwoordelik vir die bewerking van die vleis.

 

Datums vir selfsorg verblyf wenners kan nie geskuif word nie, maar kan wel oorgedra word aan 'n ander persoon. As die verblyf nie gebruik is op die gegewe datums nie, is die prys verbeur. Wenner van die Bateleur Tented Safari Lodge & Bush Spa prys moet eie verversings verskaf en vis-aas. Visstokke beskikbaar. Beskikbare datums vir Laughing Dove Accommodation en Sabrisa Romantic Getaway sal met pryswenners gefinaliseer word.

 

Alle pryswenners sal verplig wees om 'n vrywaringsvorm te teken. Enige dispuut rakende hierdie kompetisie, sal beslis word deur die kerkraad van die NHK Onverwacht en sal as afgehandel beskou word.

 

Geen pryse kan vir kontant geruil word nie.

Foto's van pryswenners mag deur die kerk gebruik word vir publisiteit.

Baie dankie vir u ondersteuning! Dit word opreg waardeer!



DIRECTIONS

Gelukkige Trekking in die Waterberge 2023
Hervormde Kerk Onverwacht
Troupant St, Lephalale, 0555
Get Directions