Family friendly

Juanita du Plessis - Dis Tyd

Fri Feb 18, 19:00 - Fri Feb 18, 21:30

Centurion Theatre

ABOUT

Die 'Dis Tyd' Vertoning neem ons verder op haar lewensreis en gee sy met elke vertoning niks minder as 100% van haarself nie – wie sy is, haar kuns, haar talent maar ook haar persoonlike aanslag tot die lewe. Met ‘covers’ van ‘n paar bekende Rock & Roll en 80’s treffers skop hierdie vertoning weer enige dansvloer aan die brand. Haar ou bekende en geliefkoosde treffers wat mense altyd sal wil hoor maak steeds ‘n vinnige draai en sorg vir heerlike saamsing genot.

Juanita het ons 5 jaar lank laat wag vir haar nuwe album “Dis Tyd”, asook die nuwe vertoning en met goeie rede; al bly haar boodskap nog altyd dieselfde, wil sy seker maak dat mense wat haar musiek luister en geniet ALTYD sal onthou en weet dat hulle nie alleen deur moeilike tye gaan nie – daar is altyd hoop en dis ook haar wens met dié vrystelling en vertoning – sy hoop dit beteken vir iemand iets!

?Juanita bly ‘n inspirasie en haar roemryke loopbaan, prestasies en mylpale is ‘n spreekwoordelike voorbeeld van haar toewyding en nederigheid waarmee sy hierdie vertoning aan jou, haar gunsteling mense gaan aanbied – Om elke oomblik saam haar te kan geniet!

DIRECTIONS

Juanita du Plessis - Dis Tyd
Centurion Theatre
123 Amkor Rd, Lyttelton Manor, Centurion, 0157
Get Directions