Family friendly

Langebaan: Lollos Reënboogstories

Fri Dec 17, 10:00 - Fri Dec 17, 11:00

NG Kerk Langebaan

ABOUT

Dit is weer vakansie tyd! Die Lollos span skop hulle kustoer af met 'n besoek aan LANGEBAAN! !"


Meer oor die Reënboogstories vertoning:

Lollos is so bly hy kan weer by sy maats kom speel; hy het sommer dadelik by die eerste reënboog afgegly aarde toe om saam met hulle te kom dans! Hy het natuurlik op die kleur blou gegly, want blou en groen is sy gunsteling kleur. Disco hou weer niks van groen nie. Dit maak hom bang, maar geel maak hom weer opgewonde! Karla dink aan kwaad word as sy rooi sien en Lettie raak gelukkig wanneer sy dink aan pienk!


...Maar hoekom het Lollos op ’n reënboog afgegly en nie net sy vlerkies gebruik nie? Kom dans saam met die Lalalanders terwyl hulle leer oor emosies en al die kleure van die reënboog en vind uit! 


Soos oudergewoonte van Lollos, is hierdie reënboog-avontuur ook propvol interaktiewe pret, grappies en baie danspassies wat enige kindergehoor op hulle voete sal hou en laat skaterlag van die begin tot die einde.


Maak seker jy stoor ons kontak nommer op jou selfoon, om op hoogte te bly van enige verwikkelinge - 065 298 3864.

 

KAARTJIES:

*BEPERKTE KAARTJIES IS BESKIKBAAR & COVID REGULASIES GELD

*Kaartjies is slegs beskikbaar op Quicket teen R100pp. Sien verskeie betaalopsies.

*Ouers en kinders betaal ongeag ouderdom. Babas onder 12 maande is gratis, maar vanaf 1 jaar val hulle binne die Lollos handelsmerk se teikenmark en benodig dus ‘n kaartjie. Elke persoon wat die vertoning bywoon moet egter ‘n kaartjie hê.

*BAIE BELANGRIK: Indien ons genoodsaak word om die vertoning te kanselleer weens beperkingsmaatreëls ingestel deur die regering, sal ons R85 per kaartjie aan u terugbetaal. Administratiewe fooie sal met die ander R15 per kaartjie gedek word, insluitend Quicket se kommissie en die gepaardgaande bankkostes rondom die terugbetalings.

 

WANNEER / WAAR:

Die vertoning sal plaasvind in die mooie LANGEBAAN, Vrydag, 17 Desember 2021 om 10:00 by NG Kerk Langebaan se saal (Oostewal straat).


SITPLEKKE:

Piekniekstyl - u is welkom om 'n kombersie te bring om op te sit. Met ons vorige vertonings het ons ondervind dat ouers eerder verkies om saam met hulle kinders op die grond te sit, terwyl hulle kan spring en dans. Daarom sal daar slegs enkele stoele uitgepak word.


LOLLOS PRODUKTE:

Neem asb kennis dat Lollos produkte op die dag van die vertoning verkoop sal word en nie vooraf saam met jou kaartjies nie. Neem ook kennis dat Kindervermaak Suid-Afrika as organiseerder, geen beheer het oor watter items op die dag beskikbaar is nie; daar is gevalle wanneer van die items soms uit voorraad is en dan nie deur die derde party aan ons gestuur is nie. Daar is ook ‘n moontlikheid dat daar ander nuwe produkte sal wees. 

 

ANDER:

‘n Vertoning is ongeveer 45 minute lank en bestaan uit 4 karakters.


TERME:

Wanneer u ‘n kaartjie koop, stem u outomaties in en aanvaar u hierdie voorwaardes, terme en reëls:

*Covid regulasies geld.

*Elke kindjie is sy ouer/s se verantwoordelikheid. Daar is honderde kindertjies by die vertonings en dit is vir ons onmoontlik om na almal om te sien. Indien u nie self die vertoning saam met u kind wil bywoon nie, moet u ‘n alternatiewe voog / persoon saamstuur wat verantwoordelikheid neem vir u kind/ers. 

*Dit is elke ouer/voog se verantwoordelikheid om seker te maak dat sy/haar kind nie tydens die vertoning op die verhoog klim nie. Die karakters is in kostuum en kan nie altyd mooi daardeur sien nie. Daar is dus 'n groot moontlikheid dat kinders baie seer kan kry en ons wil dit verhoed. Dit onderbreek ook die vertoning en ontwrig die vloei wanneer kinders eers van die verhoog verwyder moet word vir veiligheidsredes. Ons is bewus dat die kinders vreeslik opgewonde is om hul gunsteling karakters uit Lalaland 'n drukkie te gee, maar daar sal weer na die vertoning geleentheid hiervoor wees.

*Almal se temperatuur sal geneem word en 1 persoon uit 'n groep moet hul besonderhede op die gegewe kontrole lyste neerskryf.

*Kinders onder 6 jaar hoef nie 'n masker te dra nie.

*Kaartjiehouers gee toestemming aan Kindervermaak om hulle te kontak rakende kindervertonings in die area.

*Indien die vertoning kanseleer word agv onvoorsiene inperkingsregulasies ingestel deur die regering, sal R85 per kaartjie aan u terugbetaal word.


KINDERVERMAAK:

Om op hoogte te bly van TOP Kindervermaak in jou omgewing, like ons nasionale FB blad: www.facebook.com/kindervermaaksa

Volg ons op INSTAGRAM vir oulike plasings, wat waar gebeur en ander prettighede: @KindervermaakSA

Vir enige navrae, kontak ons gerus by [email protected] / 065 298 3864 / 082 410 7682


Sien julle daar!

DIRECTIONS

Langebaan: Lollos Reënboogstories
NG Kerk Langebaan
Oostewal St, Langebaan, 7357
Get Directions