Deon Meiring, Almero en Jako Meyer in die Strand, The Cove, Ocean Breeze Hotel

Tue Dec 21, 19:00 - Tue Dec 21, 22:00

The Cove at Ocean Breeze Hotel

ABOUT

Hulle het al opgetree op rockverhoë en in sitkamers, by groot feeste en intieme etes. Al drie se penne skryf lirieke wat soek na maniere om die lewe eerlik te verwoord. Almero, Deon Meiring en Jako Meyer bring nou daai liedjies teater toe vir Die Teater Toer.


Jako Meyer is die stem en skrywer agter Moses Metro Man en maak ook deesdae opgang met sy solowerk. Jy’t waarskynlik al probeer saamsing met liedjies soos “My hande” en “Lugballon” en agtergekom Jako kan gemaklik noot hou op plekke waar die meeste van ons sukkel. Jy sal hom ook van tyd tot tyd herken in sepies soos Binnelanders en 7de Laan.


Almero se naam is ook al gevestig in die Afrikaanse bedryf. Selfs al spreek almal nie sy naam dieselfde uit nie. “Vuurvas”, “Vloedverlief” en “Monochromie” is ‘n paar van sy liedjies wat jy sekerlik al geluister het wanneer jy oor alles nadink. Jy het hom ook al hoor sing saam met Bouwer Bosch en Danie Reënwolf.


Jy sal vir Deon Meiring ken as die ou wat vir Glaskas en Dans Dans Lisa sing en skryf. Sy jongste kortspeler se musiek was die klankbaan van die kykNET reeks Kompleks. Deon het ook saam met Koos Kombuis ‘n nuwe weergawe van Kombuis se tydlose “Bicycle sonder ‘n slot” daarvoor opgeneem. “Ek weet net nie”, “Bliksoldaat” en “Grensbewoner” is van sy bekende liedjies wat jy al sou raakluister.


Hierdie is ‘n keur uit elkeen van die drie se beste werk. Soms sing hulle saam, soms alleen en jy hoor ook van die stories wat die liedjies gemaak het.

SPOTIFY

DIRECTIONS

Deon Meiring, Almero en Jako Meyer in die Strand, The Cove, Ocean Breeze Hotel
The Cove at Ocean Breeze Hotel
16 Beach Rd, Strand, Cape Town, 7139
Get Directions