Family friendly

Talent@Tygies 2021

Sat Oct 30, 19:20 - Mon Nov 8, 23:50

Event is online

ABOUT

Talent@Tygies is 'n geleentheid waartydens Laerskool Tygerpoort se opkomende sterre hulle talent ten toon gaan stel. Die doel van die geleentheid is om aan ons skool se leerders 'n platform te bied, waar hul kreatiwiteit en selfvertroue ontwikkel kan word deur hul verskillende items op te voer.



  • Alle leerders van die skool kon ingeskryf het en die beste items is vir die Talent@Tygies-aanlynkonsert gekies. Hierdie konsert word op 30 Oktober om 18:30 uitgesaai.
  • Die tema van die konsert is: Tygies hoop in kleur!
  • Tydens die konsert gaan verskillende items aangebied word, onder andere voordrag, sang, dans, instrumentale items en giggelgeite.


Dit beloof om 'n trotse Tygie-geleentheid te wees!