OBSKUUR SESSIES

Sun Nov 21, 13:00 - Sun Nov 21, 18:30

OBSKUUR SESSIES

ABOUT

OBSKUUR SESSIES word aangebied deur Gielie Hoffmann. Hy is ‘n skrywer en spreker en ‘n groot musiekentoesias.


Hy bly op die familieplaas, net buite Pretoria, en droom al vir lank om die historiese skuur te omskep in ‘n ruimte vir kunstenaars.


Vandaar die naam Obskuur. Hierdie is die eerste geleentheid en om die dansbaan te open kon hy aan niemand beter dink aan drie kunstenaars & vriende wie se musiek hy al vir dekades geniet nie.


Kom kuier en luister saam in die koelte van ‘n Jakarandaboom hoe hulle die stoep van die skuur hul verhoog maak vir ‘n lieflike namiddag-Somerskonsert.



Bring jou eie piekniek en drankies, 'n sambreel, kombers en hoed. 


Kinders welkom!

Gratis toegang vir kinders onder 12.




14:00 Lucinda - die hoofsanger van Die Melktert Kommissie. Lucinda is 'n musikant en kunstenaar en skrywer. Sy het onlangs haar solo album, Uitgeskryf vrygestel en deel graag kort verhale en gedigte tydens haar optredes. 




15:00 Bouwer Bosch - bekend vir sy musiek in Straatligkinders en Dans Dans Lisa. Musikant, akteur, film maker en entrepreneur. 




16:00 John-Henry Opperman - man van vele talente. John-Henry is die hoofsanger van Klopjag, akteur, skrywer en besit 'n produksiemaatskappy MediaFarm.


DIRECTIONS

OBSKUUR SESSIES
OBSKUUR SESSIES
Marjorie Rd, Mnandi AH, Centurion, 0157
Get Directions