Kry Jou Kleuter Leesgereed II: VERSTAAN

Thu Nov 4, 19:00 - Thu Nov 4, 20:00

Event is online

ABOUT

Die grootste fout wat jy KAN maak, is om te dink jou kleuter is te jonk om te leer van lees. Net soos wat jou kind vir twee jaar vir jou luister voor sy begin praat, het jou kind baie soorte ondervindinge met boeke nodig voor sy begin lees.


Lees is 'n komplekse proses wat behels dat jou kind 'n kode ontsyfer, en dan verstaan wat dit beteken. Navorsing wys dat kinders wat skool begin met beter voorgeletterdheidsvaardighede, groter akademiese hoogtes bereik in later grade. Hierdie vaardighede is die gereedskap wat jy vir jou kind gee om 'n teks te lees en te verstaan.


Jy is die belangrikste persoon in jou kind se lewe en tien minute per dag is genoeg om 'n reuse verskil te maak in hoe maklik hy eendag lees. Sluit by my aan vir die volgende vier weke, en kry wenke direk uit die spraakterapeut se bek. Die vaardighede wat ons in die volgende vier weke vir jou kind gaan leer, help haar om dit wat daar geskryf staan, te verstaan. Ons gaan werk aan 'n groot woordeskat, kennis van storiestruktuur en hoe am afleidings te maak, sonder dat dit ooit soos skool voel.


Vir vier weke gaan ek elke Donderdagaand een uur lank op Zoom met jou gesels. Dan gaan jy huiswerk kry, met die geleentheid om per epos of Whatsapp jou vrae direk aan my te stel.


Aan die einde van die vier weke sal jy


  1. kan verduidelik wat voorgeletterdheidvaardighede is
  2. 'n strategie he om jou kind se woordeskat te vergroot
  3. 'n strategie he om jou kind te help om storiestruktuur te verstaan
  4. 'n strategie he om jou kind te help om diep te dink oor wat hy lees
  5. weet wat die volgende stap in die reis is
  6. 'n hele lys hulpbronne in jou hand he om jou te help as jy vashaak